Dis lente… (Brons)
Lente, jou bloeisels bot welig in aanskoue – so vars, so nuut, so mooi in die ontdooi van winter wat vervaag van flenter… ys word warm, lewe seisoen jou aanraking so sigbaar tussen die vaal, bring jy hoop tussen die gister-winter en vandag se mooi getooi Lente, bring nuut in my hart – suster bring […]
lente (SILVER)
lente lente-stem van die vallende water kabbel oor rotswand na benede so op lentedag die regte rede met jou dogter as jou mater saam die lente kom daar nuwe lewe vier ons die lente-dag so heerlik omring met soete aroma so geurlik laat ons na nuwe lewe en dinge strewe op wieke van soel sagte […]
nuwe lewe (SILVER)
nuwe lewe ongerepte sneeu op ʼn perfekte Wintersdag reinigende reën bring nuwe lewenskrag Lente geklee in nuwe bloeisels: nuwe lewe seisoene met vallende blare is vir ons gegewe helende Herfs getooi in oranje, goud en rooi vir ons is uitgelê die verloop van lewe – mooi Somer word geklee in sonskyn en vreugde so het […]
Winter van 2021.
Winter van 2021. Om en by in die middel van Maart verander iets in die natuur. Moeder Natuur is besig om haarself gereed te kry vir ʼn grootse skouspel – op haar verfbordjie is die mooiste kleure denkbaar: wynrooi, terracotta, mandaryn, vermiljoen en goud. Soos ʼn regte joolkoningin tooi sy haar in ʼn blare-rok en […]
Afskeid
Diep ingedagte trap ek knarsend oor die bros blaretapyt wat wissel van geel, bruin tot oranje. My oë rustend op talle boomreuse wat kaalgestroop hul takke liggies wieg in die wind. My hart se verlang vind aanklank by die kaalheid, die doodsgevoel van verlies. Net ‘n paar maande gelede was alles nog oortrek in lowergroen, […]
Kaalgestroop (Silwer)
vanaand pluk die wind ongenadig aan my sielswand stroop ‘n laaste brosblaar uit my teer gemoed bemantel tekens misgekyk voor die laaste blaar se val laat my kaalgestroop hink voor ‘n nuwe seisoen wat wink ©Driekie Grobler
lewe (Silwer)
die moederboom se afsterwe tot in haar diepste jaarringe laat die natuur wesenloos-verslae… maar haar gevalle blare word deur die goeie aarde as lewe-gewende offer aanvaar
Herfs beloftes Silwer
Blare dartel soos uitgelate kinders aan die soom van die westewind – volkleur vlinders in ‘n maalkolk vasgevang, roesbruinprisma dwarrel, spiraaltuimel na benede; dit is herfs – en in die knypwindjie sluimer ‘n melodie van somerbeloftes in skaamrooi laggies wanneer die blare tuimelval
Met laaste groet …
Met laaste groet … was winter reeds in jou oë bar en gestroop in afwagting met slegs laaste herfsblare as afskaduwing van wat vroeër was bros en uitgedroog, geërodeer deur erosie wanhopig gelym aan brokkies genade hartseer het my blik hoopvol gespeur na beduidenis van nog ‘n seisoen of lente weer oor moeë takke sou […]