Draai van ‘n seisoen (Silwer)
“As ek moeg word vir die lewe se gewoel …” Soms het mens nodig om bietjie weg te breek. Om weer stil te kan word en die eenvoud en ongekunsteldheid van die barre natuur te voel en te beleef. Geen boom kan vir ewig bly voortbot en -groei nie. Daarom is daar seisoene, ‘n tyd […]
Soos ‘n blaar wat val
Ons is anders as alles met buiteseisoene wat inwaarts woed verlore en verlate as gevolg van onsself elke keer as ek ‘n mens hoor gaan spartel gedagtes in my kop; verkorrel die verloop van tyd deur my vingers – dis juis dan dat ek so graag wil vlug êrens na ‘n ander plek soos ‘n […]
Ridder van die Langpad
moeg en afgemat sit hy met sy bondeltjie op sy rug tuur die verte in die alleenheid is besig om hom te vang rus hy op sy kierie want niemand ken hierdie bielie want met stof is sy skoene verweer en sy baard sonder skeer diep is sy verlange na ‘n lekker bord kos is […]
Die keuses wat ons maak (Silwer)
Ons elkeen skoei ons lewe volgens ons eie keuses en gemak. Sommige van ons probeer die hoogste sport in ons beroep bereik. Ontsien geen moeite om soveel moontlik te leer, soveel moontlik tyd te bestee, en alles in die stryd te werp om tree vir tree daardie korporatiewe leer te klim nie. Ons leer soveel […]
Soms
Soms wil ek ook breek soos ‘n brander oor ‘n bonkige rots om in duisend stukkies te spat vloed oor ‘n oop strand terug eb in patrone oor sand en skulpe om weer heel te raak. © Julie 2021 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Geheg aan God
Sy wat verliefderige blikke na my kant toe werp my hart nés ‘n tikmasjien laat werk met haar staan ek heelwat sterk al maak haar handwerksteek ‘n heuninggraatpatroon steek sy nie ‘n dun naald in die Skepper se oog nie nogstééds met die stik van godsdiens sy eet haar Bybel, haar Brood, haar beskuit neem […]
Wanneer my glimlag glip
(Woordetal 293) Mense het skanse en skerms. Feit. Nie almal weet nie en baie se skanse is so rotsvas in plek dat hulle vir dood sal stry daaroor. My skanse is minder, my insig is meer. My seer dalk ook. Ek sukkel met ANGS. Vir maande, dalk jare, het ek dit net eenvoudig nie geglo […]
triomftog
– ‘n bus vol spelers met skuimende bekers prettig, wuiwende skare landmerk van menslike vreugde en plesier selfs die effens gewonde ry saam – ‘n skare wit geklede mense met kleurvolle blomme beweeg oor landskap van die aarde landmerk van ewige geluk en vrede waarin selfs die sleg gewondes wuiwend saam reis na Sy ewig […]
Lewensreis (Silwer) 200 woorde
My lewensbootjie het bly stroomaf vaar, al probeer ek my lewe lank juis om stroomop te swem. Met die jare het ek rustiger geraak, die spane verloor waarmee ek my moeg roei om kop bo water te probeer hou. Saam met die vloei begin skommel, my nie meer laat ontstel wanneer versperrings of versnellings my […]