Droomverlore
As ek jou hand in my drome vat en ons wandel saam op my hart se pad sal ons twee droomverlore raak daar wat net die liefde saak sal maak © 14/12/2018 Anton Bosch
‘n Nota op jou kopkussing (5)
As die maan opkom teen middernag waar ek vir jou by die leivoor wag, sal jy my dan in die maanlig soen soos feëprinsesse in verhale doen? © 13/12/2018 Anton Bosch
Sterreruiker
Ek wil die maan en die sterre pluk en in ‘n ruiker net vir jou rangskik… © 13/12/2018 Anton Bosch
Mag Ek Jou Vra?
Mag ek jou vra hoe lief jy vir my is? Wanneer die swart verdwyn en al wat oorbly is die silwer op my hoof en as my kragte my verlaat om als vir jou te doen soos wat ek so graag wil, en as die dag dalk kom waar selfs jou lieflike gelaat vir my […]
Uit my hart net vir jou
rose is rooi en viooltjies is blou maar dit bly steeds vaal teenoor jou die sonlig het stralekranse om jou getooi maar dit was nie net jou stap nie ook nie net jou sit nie maar die vonkel in jou stem en in jou oë – veral as jou mond saam sou lag – en […]
Oudag se Onthou
Daar is liefde op jou lippe as jy my sag kom soen en die kyk in jou oë is die vuur wat smeul in die smeltkroes van verlange… jou asem in my nek is die wind onder my vleuels wat my dra oor berge en die hoogste pieke tot ons saam in ‘n draaikolk tuimelval […]
Die Storie Van Ons Liefde
Kom luister na die wysie van my hart as dit in harmonie met joune saamklop en ons drome in die kaggelvuur sien dans terwyl die duister om ons huiwer En die lag diep in jou oë weerklank vind Dan sing ons sonder klanke En ons dans in gees tesame Tot die môre ons kom wakkermaak […]
Die versteende son
Die versteende son (Goud) onder die sirkels van die songloed in die vlamrooi van die aalwynblom het jou emosies oop en vry gelê terwyl die dieptes van jou kyk die landskap in groen laat bot daar waar die duine hulle kruise trek en die doringbome hul skadu’s los het die tyd stil gaan staan onder […]
Wees nooit weer bang nie
Wees nooit weer bang nie Jy hoef nie te verlang nie Want ek is by jou Sien jy hoe ek ry Op die son se straal As dit vrolik in die oggend Deur jou ruite gly? Voel my as die wind Deur jou hare streel Ek is die musiek Wat jou hart kom steel Ek’s […]