My Gebed Vir Jou
Ek bid vir jou… ‘n bietjie sonskyn op ‘n reëndag, ‘n druppel vreugde vir jou pyn. Ek bid vir jou… ‘n lepel vol van liefde om die hartseer weg te weer, ‘n skeppie vol van vriendskap om die eensaamheid te keer. Ek bid vir jou… ‘n hoëveld donderstorm om jou aarde nat te lei, ‘n […]
Ek Skryf Vir Jou ‘n Storie
Ek skryf vir jou ‘n gordyn-oopmaak-storie, ‘n storie wat die sonlig van die morestond diep in jou hart laat skyn, wat die koue van die nag soos die oggendmis oor die veld laat verdwyn. Ek skryf vir jou ‘n vars-grond-na-die-reën-ruik-storie wat jou hart kan was soos ‘n hoëveld donderstorm die veld laat blink en die […]
Ek Skryf Jou Naam
Ek skryf jou naam op my hart se snaar en ek speel daarop as verlange huil en die ritme in my bors wil stop en die tyd vergeefs probeer vergeet…. want jou naam geskryf op my hart se snaar is die noterym wat die simfonie baar van verlange en hoop dat ons twee saam op […]
Prikkelpyn
Kyk na my – ek is steeds ‘n vrou. Dalk kan jy nie onthou, dat daar ‘n tyd was toe my blasvel ook vou-en vlekloos was? Roetswart was my krullebos met ‘n koperglans in die son. In my olyfgroen oë het die lewe se storms dikwels gewoed. In die roos van my wang het ‘n […]
Bitternag
Ondier, ondier my ding die mislug skitter hemelhoog die sekelmaan spook oor die berge jy sit saam met Elia onder die besembos en kla oor te veel van genoeg en te min van te veel ek strek my hand na die nag en pluk die blinkste ster vir jou met kleure en klanke geur ek […]
Hand aan hand
Voor jou pad té nou raak mag ek maar entweg saam met jou te stap om jou hand styf vas te hou tot by die laaste groot boom tussen die hemel en jou hel want my kop is nog vars en vroegsomer lê saam met jou kaalgestroopte laatnag woorde sekeldiep teen die horison van my […]
‘n Nota op jou kopkussing (6)
As ek die dagbreek vir jou koop En dit met linte aan jou hart vasknoop sal jy my asseblief dan sê hoe vêr jou liefde rêrig lê? © 21/12/2018 Anton Bosch
Generasies 2.: Die anderkant van klein dorpies
Dinge lyk rustig en gesond op die platteland. Dis goed vir kinders en alles loop hand aan hand met die welsyn van die mense en elke gesin. Tog, tussen onbesorgdheid so vry en volslae ondraaglike waansin, is daar dikwels net ‘n voordeur wat skei. My pa was briljant, en lief vir my, maar soos sy […]
WOORDE Verbrokkeling van gesinstrukture
WOORDE Verbrokkeling van gesinstrukture Woorde brand soos vuur skiet soos vonke uit die vuur jou stem weergalm teen die muur my siel brand soos giftigge suur houe kom soos hammers neer word ek daagliks verrinneweer ek moet vinnig koets en keer elke slag weer en weer slaan jy my pimpel en pers skadu’s van beelde […]
Jy
Jou smaak op my tong is ounag onthou van kreunlê en oorgee, van lywe verstrengel in oertrommelritme Waar klanke in kleure vervloei en vermeng as my vingers jou hartstog se skadus verken En my oë jou siel voel, die sagsoet tekstuur tot jou kolkende dieptes soos lawa oorspoel oor jou soel-soepel kurwes en donker valleie […]