SANDLOPER
SANDLOPER in die vakuum van jou en my van stilte in ‘n hol bol van stilte in ‘n vol bol soms ek bo en jy ver onder dan jy weer bo en ek bly wonder van ‘n hart vol glo en een daarsonder van swygend smeekgebede wat soos sandjies saggies sonder stilstaan loop een siel […]
Genade
“Jy kan ook net soveel keer in n deur vas loop jy weet”. Sy vou haar arms beskermend oor haar lyf. Hoeveel keer moes sy al hierdie woorde hoor. Die monitor beep beep saggies en sy luister na sy rukkende asemhaling. Moet sy of moet sy nie. Dis maklik, draai net die drip se kraantjie […]
Tanka 3
(goud) sy nuwejaarsbruid (in rookvaal sluiers gehul) strooi asgewade oor Leeukop se fynboswang – swart roet haar soen van verraad © Carma Shaw 29 Januarie 2019 4:08
Passie
Passie Duisend perde hoewe dawer teen die witvlek van my oor Ritmies en in metrum volg my pols hul spoor Vlindervlerk my vingers die kontoere van jou lyf Omkring hul elke detail in fynspoor sproei geksryf Seepskuim borrel sagte sleepsel oor die krombuig van jou rug Verlustig ons tesame aan die verbode vrug. Stomend warm […]
‘n Nota op jou kopkussing (12)
Wanneer hartseer aan jou hakskeen hap en jy vergeefs poog om hom af te trap sal ek die skuilplek vir jou vrese wees… Kan jy die liefde in my arms lees? ©Anton Bosch 13/01/2019
‘n Nota op jou kopkussing (11)
Kom lê jou kop hier teen my bors kom les by my jou liefdesdors vertel vir my jou hartewens en eet ‘n feesmaal uit my liefdespens ©04/01/2019 Anton Bosch
‘n Nota op jou kopkussing (10)
As die son se lig verdwyn of hy dalk vergeet om weer te skyn sal ek die lig wees in jou donker die één ster wat in jou duisternis bly flonker ©04/01/2019 Anton Bosch
‘n Nota op jou kopkussing (8)
As jy vir my jou liefde gee, dit net aan my sou toevertrou sal ek vir jou my alles gee my sielsgenoot, my Engelvrou ©27/12/2018 Anton Bosch
Vlugteling
presies 5:30 am word sy wakker die lewe bloei deur haar are sy sit die ketel aan, ook die wasmasjien maak ham en kaas toebies vir skool dek die tafel vir ontbyt maak die kinders wakker en vat vir pappa koffie in die bed maar in haar kop is ‘n kannibaal; ‘n wegloop hond huil […]
Flenter-vlerke van liefde
Flenter-vlerke van liefde deur die vloedgolf van vele dae het ons twee saam begin stap en midde-in die veertigdae storm het die tortel my vrede met ‘n botselgroen olyftak aangebring op die offertafel van jou liefde het jy my die ram in die doringbos gewys daar waar jy turend in die Braambos kaalvoetspore van genade […]