Môre se pad
As ek my môres kon mooimaak in nou se hart sou ek eers wag tot ons dryfsand stilraak in die uurglas; sodat ek net een heel korrel van daardie aand kan verewig voordat jou halfsirkels my toegroei en ek vergete in jou verlorenheid val ek sou tyd nie toelaat om leeg te loop oor my […]
Korrels
Die oppervlak van hierdie uur het binne haar oopgebars en alles wat in haar rondgedryf het, het na buite gespoel haar lag, haar leed, haar liefde, sewe trane en ‘n halwe hart (jy was ook daar) met koue vingers het sy die flenters op ‘n hoop geskraap een-vir-een die skerwe deur die sandglas se mond […]
Aspoester se skoen (Silwer)
© Charleine Collins 26 Februarie 2019
altyd Ulysses se Penelope (Silwer)
ek moet hier wag gekruisde bene wag die tyd uit wag wyl jy om die wêreld gaan en leef – vergeet dat ek nog hier maar net van uur tot uur bestaan jy’t my uitgesmyt uit jou diepleef uit soos ‘n mooi trofee voltooi ‘n los ornament jou bestaansmonument en word mee weggedoen sonder dat […]
My Onvolmaakte Liefde
Ek weet volmaakte liefde kom slegs uit die Goddelike hart, maar as dit vir die mens beskore was sou dit my liefde vir jou kon beskryf. Maar nou helaas is ek ook net ‘n mensekind, gebroke in my eenvoud, so ek bied jou my gelapte hart en alles daarmee saam om as jou drastoel deur […]
Oudagspore
As die wolf sy hartseer note oor die volmaanheuwels huil en die kleinvolk van die velde onder bosveldbome skuil vat my hart die oudagspore in herinnerings se sand, en dra my t’rug oor al die jare na ‘n ou vergete land, ‘n land van sonskyn dae en aande langs die vuur, van lywe saamgestrengel in […]
gelukkig is jy nie God nie
Deur my hele helse lewe wou ek net bloedig strewe om jou te kon behaag, om net vir jou te wys dat ek jou waardig is – wou ek alle seer wat jy moes ly met liefdesdiens besweer dat jy my skuld vergewe en my so lief kon kry. Maar in jou diepste wese kon […]
die lewe is…..
pik-swart tok-tokkie op die grond tink-tinkie in my tuin op die stoep my troue hond die lewe is n glasie wyn opgekrul lè kietsie-kat nag-swart haartjies sag en fyn reèn-druppels op my huis se dak die lewe is n glasie wyn in die kaggel knetter daar n vuur vèr-af die see se sagte dein in […]