My skuld
Sy staan in die driehoek – viktim, redder, kind – steeds aan ons gebind – weer eens ingetrek by die verskrikking geensins vir haar boek, want sy sál weet wat nou weer hier gebeur, moet ingelig wees, selfs kan raad gee, moet kan sien en moet kan hoor, moet kan oordeel wie is reg, wie […]
Die Een Wat Eerste Gaan
As die see se deining stil raak en die branders stilweg oor die strand kom rol dan vloei herinneringe deur my soos heildronke gedrink, van skemeraande saam met jou, van drome saam gedroom oor onbekende toekoms maar die sekerheid van jou en my, van ons twee saam, het soos ons harte in ons bors geklop, […]
Sirkels
party dinge is net sonder begin of end nimmereindigend waar dit ophou het dit reeds weer begin ons stap langs die golwe sononder in bewonder die sirkel die dag wat eindig en nag wat begin n foto wys hoe mooi dis net hier wat jy weer onthou waar lankal se voel weer nuut begin en […]
My Veldlelie
Waar die vlaktes eindig en die ranteveld begin, dáár het ek my blom gepluk, my Veldlelie, my Aronskelk, my Lelie van die groen vallei, die mooiste blom uit die Hantamland, dis Sý… ©Anton Bosch 20/03/2019
Jy Is Vróú
My liefde vou jou toe net soos my vel my lyf bedek, my liefde asem oor jou soos die vlamme aan die fynhout lek My liefde is ‘n koue vuur wat jou verlig maar nie verteer My liefde is ‘n warm jas wat jou beskerm teen die seer My liefde is ‘n bloedrooi roos wat […]
Dampraatjies
“Wag, ek moet julle díé vertel.” groet Hettie Welgemoed haar kletsvrinne. Sy is skoon uitasem van die vinnig stap na die bankie onder die wilgerboom by die eendedam. Dis Saterdag-agtermiddag, en die kletsvrinne kom oudergewoonte bymekaar om nuus uit te ruil oor ʼn glasie wyn of iets. Hulle kuier wel heeldag en aldag oor en […]
Ligte
Sy droom in wit en swart. Dit is die enigste manier om deur ‘n dag op die kleurvolle mallemeule te kom. In haar drome is die wêreld in perfekte kontras. ‘n Wit-en-swart hoender kan selfs twee verskillende hoenders wees as die lig net reg val. Sy skrik wakker toe die swart kat wat haar drome […]
Hamlet
Hamlet Ek stap ongeërg die kerkie binne en beland eensklaps binne-in ʼn sprokie. Die hemelse klanke van Bach se orrelfuga tref my. In die paadjie kom ʼn bruid in ʼn sneeuwit kant-trourok aangesweef, op pad deur toe. Konfetti warrel nog in die ligte windjie rond, op soek na ’n onskuldige skouer of haarlok. Haar hand […]
As
Bewondering verander in afsku; gesprekke draai om verwyte; ‘n groet klink soos ‘n vloek; stiltes verbreek word met sinnelose woordherhaling; skouerskuur al aanraking is en jou hart soos ‘n klip sak na die bodem van niks voel. Dan roep die weerkaatsing van geluk op die oppervlak van ‘n donker, diep see en eskaleer lig in […]
My allerliefste…
liefsteling, skenk, ja stuur daagliks vir my troos; met ‘n boodskap van mirre uit die dieptes van jou binnekant en sein jou bekoring in safraangeel koring, kom stuur jou boodskap aan my in rooi (so helder soos die son) en hanteer my teersag soos ‘n Noagsduif omhels my met die groen van ‘n olyfblaar en; […]