Sirkels
party dinge is net
sonder begin of end
nimmereindigend
waar dit ophou het dit reeds weer begin
ons stap langs die golwe
sononder in
bewonder die sirkel die dag wat eindig en nag wat begin
n foto wys hoe mooi
dis net hier wat jy weer onthou
waar lankal se voel weer nuut begin
en nuut ook lankal voel
hier waar ek kyk en virewig kan sien
sirkels op die sand
die grootte van die sirkel irrelevant
geen besittings posisie of stand
geen waarde bepaal sterkte gemeet
hoeveelheid gewoon die lojaliteit die liefde wat binne die sirkel bestaan
©inblueink 2019
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.