– SONDEBOK
SONDEBOK ons liefde moet boet vir ons swakheid moet ly vir ons sonde gekroon met dorings gesweep met die tong verwerp verloën gekruisig gehoon vir dood in ‘n linnedoek toegevou vergraf om vir ewig te vergeet maar Hy weet van beter dis Hy wat laat lewe die doeke is leeg die graf nou verlate wat […]
kleuter hartjie
kinder hartjie klein en teer vra vir liefde meer en meer hoor jou stemtoon mamma voel jou vaste hande pappa kinder handjie klein en sag voel jou wanneer jy ook lag hoor die deernis in jou stem voel jou kwaad aan soos lem kinder lewentjie skoon op slyt skryf jy lewenswaardes daarop positief sodat jy […]
respek
moet verdien word so sê die wat glo weet outydse waardes sê ander vroeër was kinders opgevoed opgevoed met respek vir ouers anglikaners se invloed vermeng norme word gewysig bestuif vreemde stuifmeel gebring nou moet respek verwerf verdien en gekoop word kinders skryf nou voor ouers se sout is laf met milennium is waardes uitgegooi […]
seemeeu sug
hoe bly jy vrolik my hart as almal om jou huil in smart treurig suig windjie deur gange eensaam brom kransduif vir oulaas oortjies uil swiep neer uit sy hoë nes uit wit geverfde huisies kom musiek glinster liggies soos biggelende trane oor deurskynende wit gordyne wat alles daar binne verklap daar is nog vreugde […]
SMS
’n Blaar het geval. ’n Herfsblaar soos jou boodskap. Die herfswind het hom losgeruk van sy stingeltjie en hy het tollende, wiegend met die son wat goud glim deur sy rand, af gedrentel voordat hy saggies, soos ’n gedagte, soos die asemhaling van ’n baba op die donker water land. Die rimpelings het byna onsigbaar […]
LIEFDESVERHAAL
LIEFDESVERHAAL was jy nie hier by my gewees nie sou ek nogsteeds na liefde soek my storie sou nie dieselfde lees nie was jy dalk in ‘n ander een se boek alleen sou ek deur my dae swerf soekend na jou lag se sprankel wie sou my met liefde bederf wie sou kon keer as […]
Denensie nr 5
Kyk, hier is my hande saamgevou voor my prewelende stem, hoor jy my krete saggies na binne ruk? Voel jy my woorde wat hoendervleis oor die hemelwand hef? Proe jy my trane wat wanglangs drup oor niks; oor jou; oor alles en almal want jy het siels-stil geword en ek hobberend in ‘n hel van […]
hey – ou
hey-ou hoe-sê-jannie-nou bielie vat vlam vanaand hey-ou hoe-sê-sannie-nou boertjie vat vrou vanaand daars-hy bielie van oom jan vermaas hy dans soos die wind oor gladde vloer hy pronk soos ‘n springbok oor die veld hy wat boertjie is se nooi van gas hey-ou hoe-sê-jannie-nou bielie vat vlam vanaand hey-ou hoe-sê-sannie-nou boertjie vat vrou vanaand vlugvoetig […]
‘n roos vir jou…
rose vir elke mooi vrou mooi rose vir elke vrou rooi, wit en geel rosies reg om getrou te skenk rose vir ‘n verjaarsdag en elke mooi somersdag elke spesiale geleentheid wit rose trou op die graf rose vir elke een wat huil siek is en bemoediging kort ook ‘n rosie vir jou ou mens […]