briefie
ek skryf vir jou ‘n briefie sommer op my dagboekie sulke klein blaaitjies liefde stuur ek aan jou elke dag ek lees jou liefste woorde en bid dat jy nog veilig is lewe gaan voort maar saai sonder jou daar in noorde ek skryf vir jou van liefde hier waar dood om heers kartetse ontplof […]
serannie
agter my serebrale oë drywe daar sereen ‘n melodie serie van musieknote gekas en wyd serebellum van my bestaansewewig gesketter van breingolwe wat skal geskenk van Allerhoogste gesinchroniseer om te presteer onverstaanbare chemiese taal wat innervasie slim vertolk innige gedagtes veilig stoor soos polifoniese musiek van dertiende eeu bergkettings van bestaan om op hoër vlak […]
man + vrou = huwelik
alles wat lieflik is maak jou hart sag verbeter jou dag alles wat loflik is hoflike mans is reg maak vroue waardeer eerlike vroue presteer ongesofistikeerd eg ervaring slyp verhoudings liefde deur gelyke deelname maak vir lang verbindings ©Teárlach
Vlugteling
My pen lê hier langs my hy weet waarheen ek nou wil vlug – die papier was nog nooit so wit en ek was nog nooit so ver van nou; in die tweede laaste reël van hierdie gedig sal jy smeek om saam te kom want net verby Sodom en Gomorra, op die grens van […]
Die ander vrou deur Lynelle Clark
As geskeide vrou leer jy vinnig wat beteken die terme: Die ander vrou. Dit is nie iets waarvoor jy beplan nie maar is onvermydelik wanneer jy weer betrokke raak met ‘n man. Julle kan hoe diep in mekaar se oë kyk en op elke vlak mekaar aanvul maar sy is die een wat hom die […]
teleurstelling
soos ‘n visserman wat elke dag probeer maar nooit enige vis uittrek wat hy kan eet soos ‘n jagter wat kilometers loop sonder om bok te skiet soos ‘n oupa en ouma wat maande wag sonder om besoek te word soos ‘n beloofde wat dae wag om van haar geliefde te hoor soos ‘n boer […]
Bekende dokter laat ‘n bloedspoor deur Lynelle Clark
Sleepvoetend stap hy teen die helling af. Die bebloede byl sleep agterna en los ‘n donker streep op die pad. Die laaste uur se gebeure het hom uitgeput maar tog voel hy vars. Sy verstand helder en sy oë dwaal oor die bekende landskap. Soekend. Dan gewaar hy ‘n minibus ‘n meter van hom af. […]
rol modelle
onder vals ligte op ‘n strand skreeu ‘n groep musikante hul gesing klink na geween hul wysie gekners van tande rondom wieg en wip tieners in pseudo hipnose verdwaas drank, dwelms en vrye dop klere swaai en siele verraai bo in hul dubbel luukse suite sit en suip ouers vrolik dronk gewetenloos oor kinders se […]
Argitektuur
Gordelroos gebreek en swart tragiese huis, met niemand daarin. net fluisterings van geeste… ‘n dosyn ruite -gebreekte glas, om jou loop onkruid rankende gras my wingerdstokke afgewerk en vasgebind my gees staar deur geen venster en geen deur, in verdwaasdheid… soos ‘n hoed aan ‘n kapstok daar is niks oor; net hartseer en eensaamheid die […]
My hart verkoop
Aan jou, soet soos heuning vir feetjie- geld jy’t belowe om my te ontdek nou vloei eensame trane stadig drup hul deur soek plek om bed te maak sinlose druppels niemand wat dit liefhet en niemand wat omgee ©Marike Erasmus