Die man wat ek liefhet
Die man wat my liefhet slingerpad deur veld en gras en die fynbostakkies wat – net gister nog – sonder blomme was bloem welig in ‘n welkomsgroet. In die fluitsang van suikerbekkies klink ‘n blye weersiensroep oral waar hy ou bekende paadjies loop en – met sy hande – ryp sade van graspluime stroop. Die […]
Vandag
Tussen gister se bittersoet verby en môre-beloftes wat miskien mag of dalk nooit sal ontwaak staan ék weer hier langs jou tevrede in die hier en nou V A N D A G in ons hande toegevou Sonder terugkyk of berou sonder verwyte wa
die klippe roep luid
in pakhuis lê opgevoude kartonne gebind met maskeerband doodstil lê die bokse geen geluid kom daaruit vreedsaam lyk dit op die oog af maar daarbinne lê verlore kinders dogtertjies en seuntjies gekaap om as slawe vir sekshandel te verhandel gesmoor met dwelms vir dertien uur uitgevoer soos vrag opgeveil soos vee vir altyd verlore vir […]
Te lank
Te lank Jy trap op my en jy weet jy maak seer jy vertrap vir my keer op keer op keer Amper begin ek glo jy is reg na weke, maande en jare se sê ek is sleg aanvanklik het ek gedink jy is opreg maar stadig het ons verhouding al verder versleg Ek moet […]
Die donkerkop se plan
Die donkerkop se plan Die donkerkop dra die skinkbord versigtig en sit dit met die gebruiklike groet neer voor Francois. Sy bedien al vir ses maande elke Saterdagoggend sy koffie hier by die koffiewinkel. Die aantreklike sakeman met die grysheid om sy slape, sy snyerspakke en sy mooi hande. Die donkerkop het al baiemaal gewens […]
golwende hare
donker bruin golwende hare sonder skeet of plooi oor jare guitige glimlaggie gaan jou vooruit netjiese vier houdinkie en flinke stap volbloed boere nooi so na my hart haal jou deugde uit en wys ons het jou nodig ounooi ons kinders raak min soek versekering seën vir jou en die wat jy grootmaak ©Teárlach
Selfmoordbrief van ʼn depressielyer
My Lief Jy ken my, en verstaan my beter as wat ek my self verstaan. Wanneer die donker van die depressie my in ʼn mynskag afstuur. Wanneer ek voel hoe die lewe se rotse my toe val en ek nie die lig van ontvlugting kan sien nie, reik jou hand uit na myne en lig […]
Verlore brief in ‘n bottel
Die waarheid is niks minder as die klop van jou hart – ek hoor dit ook met elke son wat sak is die wonder van ‘n einde ‘n slinternuwe begin. Mense soos ek en jy was nooit gemaak om te huil of te skuil – “we were set to sail” vat my hand; my naam […]
Wanneer te veel, te min word
Al wat ek het gee ek nou net vir jou plak dit teen my roep verby die horison waar my hart skuil – want in hierdie siels-stiltes vang ek uurtjies vol vreugde met elke klank van jou gedagtes wat warrel om my hart se hoeke. Om onvolmaakte tjank geluide in groen gras te groei – […]
Soos jy
Wie sal my optel as ek val – die smaad van my afskud soos jy? Wie sal my vashou as angs my oorval – en my gedagtes kan aflei soos jy? Wie sal my leer van die maan en see, die melkweg en planete en die suiderkruis – of ligglimmers gee as die aarde vir […]