Jongste aktiwiteit:

Die donkerkop se plan

Die donkerkop se plan

Die donkerkop dra die skinkbord versigtig en sit dit met die gebruiklike groet neer voor Francois. Sy bedien al vir ses maande elke Saterdagoggend sy koffie hier by die koffiewinkel. Die aantreklike sakeman met die grysheid om sy slape, sy snyerspakke en sy mooi hande. Die donkerkop het al baiemaal gewens dat sy net so ‘n paar jaar ouer kon wees, net so vyftien jaar, sy skat hom so by sewe of ag en veertig, en haar amper twee-en-twintig jaar is net bietjie te jonk, maar sjoe, wat ‘n aantreklike man, en met sulke pragtige maniere. Hy laat altyd ‘n hewige fooitjie, betaal duur vir die koffie, en die donkerkop kla nie.
Die spesifieke oggend is Heleen ook in die winkel. Heleen is ongelooflik, pragtig, sjarmant, vriendelik dame. Gemeet aan die pêrels en ringe wat sy dra, vol geld, baie vol, maar nie vol van haarself nie. Heleen gesels met almal, lag saam met almal en is altyd vrolik.
Die donkerkop staan eenkant, bekyk die situasie en skielik val die plan in plek. Francois sit buite, Heleen binne, Francois moet binnetoe, en dis die plan. Met ‘n mop en ‘n emmer gewapen gaan die donkerkop na Francois en oortuig hom om binne te sit, want sy moet klaarblyklik die teels hier buite mop. Die leuentjie is wit, maar die plan is suiwer en dinge moet nou vanself gebeur besluit sy stilweg terwyl sy Francois se koppie met opset op Heleen se tafel neersit.
** 3 Maande later **
Dis nou al meer as ses weke dat Francois en Heleen gereeld saam kom koffie drink by die koffiewinkel. Daar’s iets aan die gang en die donkerkop voel die opgewondenheid in die pragtige paartjie toe sy die oggend naderstaan om hul bestelling te neem. Toe sy naderkom wys Heleen haar die verloofring, ‘n pragtige groep diamante in witgoud geset, en sy sien die vreugde in die alreeds pragtige vrou se oë, Francois se glimlag, en sy is dankbaar vir die plan.
** 6 Maande later **
Bo alle verwagting het Heleen en Francois hul huwelik op ‘n Saterdagoggend by die koffiewinkel gereël. ‘n Intieme oomblik met ‘n paar gaste en familielede. Die donkerkop is ook daar, bedien koffie en koek en maak seker al die gaste is gelukkig, dat almal se koppies vol bly en glimlag alhoewel daar ‘n mate van verlies in haar hart is. Skielik staan Francois voor haar, neem haar hand en stel haar aan die mooiste jong man voor, die mooiste jong man wat sy nog ooit gesien het. Sy is sprakeloos. Francois se seun, Jaques, lyk soos ‘n jonger weergawe van sy pa. Sy kan nie ‘n woord uitkry nie.
** 1 Maand later **
Jaques en die donkerkop drink saam koffie by die koffiewinkel waar sy eens gewerk het, en sy straal.

© Grootvissie
Julie 2017




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed