DIE PAD VAN JOU EN MY
Onthou jy nog die pad van jou en my se eerste punt loop daar by vrolik groet verby Die bultjie op tot bo by ken ek jou dan gly ons af by vrolik lag tot onder in plesier se draai Gelykpad nou verken se bosse deur die vlak lê voor met sinkplaat hier en daar […]
arendsoog
liefde-hang in die lug al waai wind verwoes strandkoors loop hoog glimlaggies en drukkies laat strandtonele flikker wyl meeu dit fyn beskou golwe breek in reëlmaat as bewys van ewigheid witsproei waai verwoes met deinende seestrome wat strate deur baai trek en poseidon om rotse koes duinevlug van bruin valkie wat laag skeer om te […]
Regverdigheid en Imma se Auntie
Regverdigheid en Imma se Auntie Een oggend kom James, ons huiswerker, by die werk aan met die nuus dat daar ‘n dooie ou so entjie van die huis af in die straat lê. Ek en die seuns en Imma, ons tuinwerker, klim dadelik in die voertuig, want dit moet ‘n ding wees om te aanskou. […]
Soms Mis ek jou
Ek het jou eens, toe jou oë myne vang – vir ‘n oomblik, ‘n ewigheid – aan my hart se binnewand vasgedroom maar soms soek ek jou tussen woorde tussen hartseer wysies se akkoorde soms raak ons vir mekaar verlore is ons gesprekke net leë woorde Soms praat jy, maar nie met my nie oor […]
drama-teug
huppel-stap twee jongens verby duidelik hul wittebrood by see hang laf aan mekaar en streel liefde so mooi en heilig (vireers) geen siniese ou oom of tannie kom hulle geesdrif nou steel nou is dit net hulle wat bestaan reg en mooi en heilig is liefde saagtand spoel branders uit sit ek en bid dat […]
resep vir geluk
guitigheid uit herdersblik hou oor haar krose die wag leer almal hoe om te lag rooi wangetjies verruklik blik vol innerlike krag bereid om saam te vermaan sal kinders altoos verstaan liefdevolle huis vol lag huis en haard sal nie vergaan een van wil, vlees en geloof sal hul mos kan voortbestaan ©Teárlach
Winterliefde (Akroniem)
Wanneer somersonbegeertes in winterskadu hiberneer – na herfsbevlekte grashalms tas na asem – jy my hart verlei en snags styf teen my lepel-lê ramifiseer herinneringe links en regs verby in die gange van my gedagtes eindelose spore na geluk flits beelde van ons eenwees deur die dieptes van my siel euforie-winterliefde ek en jy…
Als in vyf minute
Die eerste vyf minute na vandag wou ek weer in jou arms kruip so sonder gedagtes of tyd wat my versmoor soos toe ek nog my hand veilig in joune kon vou maar nou moet ek myself in hierdie godverstreke spasie weerloos in wolke wind. Hier sal ek eers moet sweef, my ligstraal-lief tot dagmerke […]
Hart’s kiekies deur Lynelle Clark
Hart’s kiekies deur Lynelle Clark Kliek – en nog ‘n terug flits so duidelik soos die vorige. Kliek – wens jy was hier. Kliek – vergeet van hom. Hy het. Kliek – Soos kortstondige flitse spoed ons verhouding voor my verby. Elke keer dat dat ek my ooglede knip, is daar nog ʼn herinnering; nog […]
Vandag se wag
Jy’t geweet ek wag; oopbek soos Bainskloof se klowe vir ‘n ster beligte nag. “Toe lag jy net, soos ‘n Langstraat slet.” My twaalfde uur het gekom en stil-stil gegaan. Klowe het hul howe gebowe, en jy het letsels vol rowe; vars bloed belowe. Nou wag ek nie meer want die seer het geleer om […]