Gebroke denker
Ek sit hier op ‘n rots, starend na gebroke branderskuim wensend dat ek ons wêreld reg kon dink – sout versoet donker verlig, of vere vang voor dit val; dalk met ‘n nuwe Einstein-teorie oor gebrokenheid Murphy se wette kon herskryf om perfeksie te vervolmaak. Bitter blou van ons oseaan, hemel of lugruim met sienende […]
Resensie: Die rolprent PATERSON
Resensie: Die rolprent PATERSON In die VS Amerikaanse bondstaat Nieu Jersey woon ‘n busbestuurder wie se naam, presies soos die naam van sy dorp, Paterson is. Hy sê, „Ek is my dorp.” Hy is nog jonk en woon met sy vrou in ‘n huisie met tuintjie. Hulle het mekaar klaarblyklik lief en doen oor-en-weer iets, […]
Kom ons hou ‘n makietie-troue
Kom ons hou ‘n makietie-troue my bruid ek het soveel jare vir jou gewag gebid vir hierdie spesiale dag toe jy met die paadjie afstap aan jou pa se sy was ek verseker dat jy is die vrou vir my jy hak nou by my in en nou staan ons saam voor God om vir […]
Die ongenooide gas
Ek kom sonder dat ek jou ken, of jy my genooi het om my ander wang ook te draai – ritmies op die klank van “ in my lewe” soos Mathys dit aflys, en ek dans met my hoepelbeen op jou voorstoep want jou voordeurklokkie het ‘n dowwe dong-dong deuntjie wat die mis voor my […]
Wie is ek vir jou
Wie is ek vir jou, dat jy my so kan verwar dat jy my met liefde kan hanteer maar ook met haat Wie is ek, dat jy met die slaan van die deur van ‘n kar my mooi laat verstaan hoe mens gevoelens uitlaat Jy maak asof ek die een met die probleem is ek […]
Jy is my wêreld
Dis die stilte wat jy saamdra wat jou vir die wêreld vaag en onpeilbaar maak. Maar in die stille vertel spreek jou dade vanself van liefde wat tóg onfeilbaar is. En miskien vir die wêreld is jy net nog ń man – maar in myne die held wat die melkweg saans minsaam oor my wêreld […]
Trou is nie perdekoop nie!
Dit is die ou bobbejaan met die veldskoene aan wat sy wyfie vandag agter die bult loop haal Met die kar voor die pêre en ʼn stofstreep oor die berge kom hy van vér oor die wapad aan. Dit reën vandag maar die son skyn flou Jakkels trou vanaand met wolf se vrou. Met sy […]
Ek wou nee sê – maar ek het nie
Hatfield se strate was bloupers verlig violet sambrele het oor ons geblom sypaadjies met pers tapyte vermom Oktoberfees negentien-negentig… Sou ek jou dalk weier, toe jy my saamvra – het ek dalk nie vandag, jou ring gedra. * En dit is alles waar Oktober 2017 – Fees Projek