Jolyt
As die lig van die volmaan oor my straal wil ek my skoene uitskop, my hare losmaak my hande hoog gooi, dans asof niks my traak onder derduisende sterre wat saam my verdwaal. want die lewensreis is ‘n Weense wals al galm die simfonie soms so effe vals. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
‘n Vers vir jou
Met my vinger vers ek jou naam – traan vir traan deurdruppel in ‘n winterskwatryn hierdie lewe was nooit ons s’n nie, en dit wat ek nog wou sê sal vir eers in ‘n vers moet lê want woorde is grensloos soos jou stem nou, spoorloos. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Lykwoorde
(“Actions speak louder than words”) Bleek bewus van die wete dat sommige eggo’s deur klankbane gis en teerheid verbrokkel tot ‘n afsoen metafore gebaar in snikke onder lykwoorde om van alles ‘n leë fasade te maak opsoek na ‘n bietjie warmte in ‘n hart van staal Soms word woorde stil-gebore gewieg deur die wese van […]
L’art poetique
Myself het ek uiteindelik gevind dis die logos wat my kosmos aanmekaar bind. Jubelend kan ek bely: “Ek is ‘n digter ‘n poëet! Jihaa! Handré-hie-handré! Ek is vry!” My woorde waai wapperend in die wind my muse krul holrug in my bakhand mak gemaak in my gees se skadukant. Gooi my letters in jou rooiwyn […]
Heilige fees
deur oseane sal ons hande hou soos deur duinesand wat korrel en skuif harte wat koer en fladder soos ‘n duif my hart vir ewig aan jou toevertrou . . . my woorde kniel heilig voor jou voete hou fees in jou liefdevolle koelte © Anzé Bezuidenhout
Lag my ‘n lied
My horison strek oor die somer van jou lyf rimpel-gedagtes sweef heen en weer ek hoor hoe jou stem die wind wegdryf ek maak my oë toe vir nog een laaste keer. Stiltes trillend oor skemer se nood ek is alleen, selfs niks, sonder jou en tog, bring jy die eerste herinneringsbrood met die aanster […]
Hart van ys
Op die breë bors van winter lê ek my kop nou saggies neer; ontasbaar ver en (toe)gesper – klappertand in ‘n kleed van kapok koud, stil – enkel in my eenvoud. Ek ken hierdie hart; die kil klop wat koenig gletsers teen berge kan afsuur net om respek te ontplek of dalk nuwe lewe uit […]
Fortuna
In die halfsirkels van jou ribbekas wil ek behore heelword, teen die klop van jou hart myself tot rus sus; uitgedos in die (opr)egtheid van jou genaakbaarheid. Is daar vir só geluksaligheid genade? As mens betowerd van genot; tevrede terugsak in jou eie teuels bloed deur jou are voel pomp wind deur jou hare laat […]
Epitoom
Epitoom Eens wild my hart ongetem uit hom ontplooi beelde waar liefde lyne kon trek om siel en verstand— verby grense se denke en wense te intiem om te verstaan; saam wou ons berge versit. Nou stil my hart getem lewendig dood. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Halfhartige poging om te blom
As my lente deur jou winter kon dans sal jy dalk verstaan dat ek in kruispaaie dink en dwaal; soms ook tussen lengte- en/of breedtegrade wat horisontaal en vertikaal om my verval omdat lyne my vebyster en verbang verkies ek om reguit lyne tot ronde sirkels te vervorm; dit dan by kruispaaie te plant want […]