Skemer Drome
Jy laat my ‘n klipsteen stoep bou een met ‘n tafel en ‘n dubbel bankie onder ‘n groen druiweprieel met gekartelde potplante ‒ hier en daar vol Kalahari kaktusse en bonsai boompies een met ‘n borrelende fontein en die fyn geur van onsterflikheid een wat uitloop op ‘n gryspad tot onder ‘n Jakaranda boom waar […]
droom
– onderbewussyn raak besig oor my duin veral vroeg oggende wanneer slaap sluimer word – drome en gesigte soos nebukadnésar kry ek nie juis nie maar net soms is dit tog daar – dagdrome spel mooi gedagtes uit wense wat kan wees geen uitleg nodig geen uitkom nie – droom jy maar ou duin van […]
Woordmaker (Silwer)
op my werkstafel uitgestal lê vele wroeggende woordskatte subtiel oorweeg en uitgesoek maar heellaas, te lig bevind voorbeelde van diamant, robyn en saffier fyn geslyp, afgerond en blink poleer geklassifiseer as kosbare woordjuwele geïnspireer deur meesters van weleer ek wonder of ek ook beskik oor dáárdie skeppingsvaardigheid om skoonheid en duursaamheid in blywende woordjuwele te […]
My lief
My lief Kom saam vanaand as die son gaan lê neem my hand en dans met my in ‘n maanligaand onder sterrelig net ek en jy van mens’ en sorge vry. Elna Kruger 17/2/2021 Kopiereg
WRAAK MY LIEFDE (SILWER)
Die konsep van liefde word totaal misverstaan. Of laat ek liewer sê: meestal verkeerd geȉnterpreteer deur meeste mense. Dalk is dit net ‘n kwessie van verskillende opinies oor die uitvoer daarvan, maar hoe dit ookal sy, liefde is nie ‘n teorie nie, dis ‘n daad. Hoe baiekeer hoor mens nie Sê dit met liefde in […]
bolangs
– soos seisoen verander vergrys my duin alles wat groen was word nou weer bruin so verander die wese van bejaardes ook wanneer tyd aankom om boedel oor te gee afhanklik te word besluite te oorhandig aan jonger mense soms onbekend dalk onsimpatiek selfs vyandig gesind bolangs lyk dit dalk na geluk en dankbaarheid diep […]
IS LIEFDE REGTIG BLIND? (SILVER)
Die geykte gesegde ‘die liefde is blind’ het verskillende betekenisse vir verskillende mense. As ‘n lelike ou met ‘n pragtige meisie aan sy arm pryk, (of andersom) sou die ou tannies agter hulle hande fluister: “Wie sou nou kon dink dat ou Piet kromneus so ‘n mooi blom sou pluk. Die liefde is voorwaar blind.” […]
Skakering van liefde
jou wakkerword-glimlag straal songeel deur my ontwaak wat goue nektaarstrepe heunigsoet boeket my dag vlerke gee om met arendsvlug deur elke blou te klief later met skemergroet my dors-verlange met nartjiefleur-vrede af te rond wetend … dat jou teenwoordigheid in liefdeskakering my menswees met koloriet bespat ©Driekie Grobler (2021)
teenstellige traan
– huil stamp vir mismoedig om en mismoedig skop selfbejammering daarna stuur selfbejammering vir depressie ‘n boodskap wat snedig en suur jou dag verarm – omring jou met laggies vriendelikheid wat niks kos al huil selfbejammering sy eensame lied onder al jou smartlikhede lag verryk jou siel – ©Teárlach