Wonderdroom
Sy het geslaap, onder ‘n boom vasgevang in ‘n wintersdroom. Dit was ‘n versterde stem, van ver wat bẩẩh-blah-blah soos ‘n bok sonder bler. Sy wou so graag weet hoe om te gister vergeet. Haar hand het sag rond ge-aai; traan-langs geskoppelmaai. Soet het haar siel gebloei asof sy met Goliat stoei. Verwarring het haar […]
Donderdag: MY VRIEND KROHN
Donderdag: MY VRIEND KROHN „My vrou het die naweek haar suster gaan besoek, en die Saterdagnamiddag was uiters vervelig; toe gaan ry ek deur die veld en woud van die Lünebürger Heide agter Hamburg,” sê my duitse vriend Krohn. Êrens het hy op ‘n dorpie koffie gedrink, koerant gelees, sigarette gerook. Nou vind in Duitsland […]
Pollenys*
Pollenys pollenys jou pragtigste ding Die satynsagte hoepelrok waarin ek Saterdag klim. Bó ʼn manelpak en bolkuil verkies ek vir jou As fopdosser my keuse waarin ek trou! Pollenys pollenys hoe spoggerig lyk ek Bromponie vir ʼn troukar en halsnoer om die nek. FAK Sangbundel: “Pollenys”
Sing jy van blomme
Nou dat sy gaan na die stil ongebraakbaarheid van yl vergetelheid– lywig van buite; (met bitter min wat binne agterbly) nou wil hy die afstande verwens waarin hy haar metamorfies gekelk het na sy somber sin; net om sy hande in haar onskuld te was haar waters van rus troebel te laat bloei met jou […]
RESENSIE: Die film, KILL BILLY
Resensie: Die film, KILL BILLY Oor veertig jare het Harold Lunde [Sundquist] met sy vrou, Marny [Selius], ‘n lewenswerk opgebou: Die in Noorweë landwyd bekende Meubelhuis LUNDE, etwas vir elke smaak, en veral hoogste kwaliteit. En dan… en dan… en dan bou IKEA „die grootste tak ooit in Noorweë” op die aangrensende perseel. Binne ses […]
KATEGORIE: Verskillendes, snaakses – Swemster
KATEGORIE: Verskillendes, snaakses – Swemster Beth is swemmer. Omdat sy ‘n vrou is, is sy ‘n swemster; daar sy ‘n swemkampioen is, is sy ‘n swemster. Haar kêrel Andreas is ook swemmer; daar hy ‘n man is, is hy nie ‘n swemster nie, maar ‘n swemmer; ook hy is ‘n swemster, ‘n swemkampioen. Beth se […]
Meimaand se mantra
Iewers op die oewers van my lewe het Meimaand jou kom kry. Jy wou weet of my son jou ook sal vergeet, of sy strale jou voetspore sou afmeet in die lig van my volmaan waar drome ruimteloos deur die lug sou sweef. Jy wou weet of jou stem sou dwaal deur die gedagtegange van […]
Agter geslote deure
Agter geslote deure van hul volmaakde bestaan dreun die harde woorde wat deur haar menswees slaan Haar selfbeeld is stukkend haar menswees, net ń hopie as haar oë net ń herinniring van die sonskyn wie sy was Hy slaan nie met die vuis nie maar moker met die tong sy woning níé haar huis nie […]
Die SKILDERYPRYS
Die SKILDERYPRYS Die Grootprys vir die beduidendste nuwe skildery word toe deur ‘n man gewen wat eintlik glad nie voorgehad het om deel te neem en nie eers ingeskryf het nie. Dis ‘n reeks klein blaaie wat sy vrou ingedien het in die tyd toe hy in die stoepkamerateljee bedlêerig so siek was dat ons […]