Fases
Augustus se nagblom hang vol in die lug oor sy wang rol ‘n saffraan traan tussen my en hom is daar geen brug; drie maal kraai ‘n hoenderhaan; ñ ek en jy krummel tot stof. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
‘n Ons is geen pond
Na alles wat gebeur het wonder ek nou in my waan, waar presies ek met jou staan; jý, vol in jou sekelmaan, sou my nooit kon verstaan enkel in my eenvoud (kompleks in jou duet) soos gister se son sonder ‘n baan wentel jy rond sonder bestaan duister belig of laag gelig terwyl jy dryf […]
My Eiland
Diep binne my lê ‘n klein eiland van klei hier stof tyd my altoos af hou ek my soms so bietjie laf glip oor die rand van jou swaar vrag. Diep binne my versoen ek myself met die ware jy dans ons in ‘n draaikolk vol drome loop ons ook saam deur storm sterk strome. […]
TUISKOMS
Soms, net soms, verloor ons ons kosbaarste besitting – ons liefde vir die lewe…
Twee Seisoene Fee
Vivian se keel brand van ongestorte trane. Sy klem die legendariese swaard in albei hande vas; sy kan skaars glo dat dinge so lelik skeef geloop het. *Jy kan die res van die verhaal in “Eens…” lees in sagteband deur na die boekwinkel hier op INK te gaan of as ‘n luisterboek deur […]
Vlieg is vir die voëls
Hier, waar varings soms nog welig groei, die son so rooi bo die ooskrans bloei – staan sý met die donker oë en kyk hoe duiwe vér oor die dale wyk. Toe dink sy só; “was ek ‘n duif, het ek saam met die voëls oor die berg geskuif – na ‘n plek waar […]
Tussen seisoene
Terwyl ek die son se strale deur my hare trek, treetjie-vir-treetjie deur die somers van my lewe stap staar ek verdoold na dié vergete plek; sy soene het my indertyd reeds ontsnap. Winter het barbaars en hard geskop met kil krete wat kleefkoggel soms wou ek die vlaktes in galop, maar die kosmos het geril […]
My slaapkamer
Hangkas; spieelkas, bedkas, linnekas In jou veiligheid word ek soggens wakker,vars! My slaapkamer, in die lig van die stille bedkampie Bewaar jy, sien jy, weet jy, my geheime, dit weet ek.
Eens… Hersenskim
Dit was die dag toe die maan geval het. Alles het verander… Die doodskrete vul haar kop en haar oë skiet oop. Haar asemhaling is vlak en dit voel asof haar hart wil weghardloop. Die maan skyn nog helder in haar spieël. Daardie dag het nog nie gebeur nie. Em sluk swaar en herinner haarself […]
Syns vir die Najaarsblomme
Roesvlekke op die najaarsblomme vertel haar ‘n storie wat sy nie wil hoor nie. Mae knyp haar oë toe, maar dit help nie. Beelde van wat gebeur het vul haar hele wese. Twee Feëryke buite Feërie het baklei oor eienaarskap van die land waaroor sy loop. Swaarde het koppe verwyder; pyle het hul merk getref […]