Eens… Ontwaking
Sag land hulle en die wind waai verder. Alles is stil. Tog is daar belofte in die manier hoe die natuur wag. Die diere feë trippel weg om die voëls, insekte en ander gediertes wakker te maak terwyl die blomme feë elkeen ‘n plant kies om mee te begin werk. *Jy kan die […]
Mengelmoes.
Diepe wrok is soos kakiebos wat in jou siel, ek wees, ontkiem. Besmet jou gemoed soos ‘n ou bonthaai. Ja, kleurvol soos ‘n bedding bont gesiggies. Dood, kleurloos as dit nie versorg word nie.
Kasteel van Glas
Warrelende herinneringe word skielik gestop en vervang met die gewone uitsig van verstrengelde plante. Mae sit regop, neutedoppe vlieg orals, woedend soos sy soek vir die indringer. ‘Genoeg, my koningin, dis nou al lank genoeg,’ sê ‘n stem uit die skadu’s. *Jy kan die res van die verhaal in “Eens…” lees in sagteband […]
Nuwe Verdeling
Die Donker Koning staan op die hoogste balkon van sy kasteel. Aan die ander kant van sy sneeu bedekte land kan hy Avalon sien. Die lug is swart so ver soos wat hy kan sien. En hy kan baie ver sien. Feë van elke soort kruip weg in hul bome, onder rotse en gekamoefleer soos […]
Die Gerug is…
Jamie MacKinnion loop doelgerig deur die dik plantegroei wat baie na ‘n tropiese woud lyk. Hy dink nie veel van Feërie se nuwe voorkoms nie. Waar dit eens soos die koue Caledoniese woude, kaal vlaktes, heivelde en berge gelyk het, staan net die Feë Koningin se nuutste gier. Dit maak hom woedend. En dit voed […]
Wag ‘n bietjie (apologie aan Totius se vers: Die Godsbesluit)
Ek dink jy pas soos wind in my hare asof iemand steel oor ‘n harp se snare en klank my holtes met die walms van jou adem want onder dié sluwe seisoen se sang babbel almal Babilonies sonder om te bloei, maar jou woorde wals s-t-a-d-i-g om my wêreld — eenkant in my koue winter […]
Die see se sang
Die see se sang Die see sing so saggies vanogend bruisende branders breek ritmies getui-in getui-uit getui-in afgestomp teen die storms binne my miskien kan ek hier rus en vrede kry die wippende water maak my seer stil buigsaam soos die branders, breek my wil. Sjoe-sjoe ritmies eentonig heen en weer daag die stille oseaan […]
Nimbus van heimwee
Hoe plak mens tyd weer aanmekaar vas daar by die gekoekte knoop in ons las soos sandkorrels wat deur ons vingers val lê ons ontsnaarde spore oor my lewenswal. Jou sagte soene swaai nog oor my wang elke keer as ek so innig na my duifie verlang ek voel jou steeds bruisend aan my are […]
Eens… Voorwoord/Flapteks
Sterflinge kan nie die sluier tussen die mensewêreld en Feërie sien nie, tensy hulle genooi word – of ekstra begaafd is. Vir eeue al word Mens en Feë van mekaar geskei, want niks goed kom van hulle saamkuiery nie. Die versameling van Die Avonture van Saphira die Feetjie Hond is bewys hiervan. Maar daar is […]
Waar die gompou vlieg
Op ‘n plaas in die Limpopo lemoen die boorde vol in vrug. En naby Pont Drift vlieg ‘n gompou. O hoe verlang ek nou weer t’rug na ‘n winter wat nie koud word nie en die saligheid van son wat middaglaat so lou laat voel. Ek sou teruggaan as ek kon na daardie plek waar […]