Spieëlbeeld
Wie is ek en waar kom ek vandaan Hulle sê die spieëlbeeld van my ma Tog is ek nie soos my ma Sy is op ‘n ander planeet se baan Sy is so skerp soos ‘n potlood en agtermekaar Daar is niks wat sy nie kan doen Sy laat spore van agter haar Sy kan […]
Donsveertjies
half gevormde engeltjies sweef deur my gedagtes vandag soveel wat maar net donsveertjies het tog glo ek, daarbo is hulle almal perfek hulle begin was nog nie eers op kalender gemerk om tot jare te kon strek nie, want op aarde is hul wieg met gruis bedek gesiggies net op sonar geêts word vir mammas […]
Bottel in die branders Silwer 1153 woorde
Mara laat sak haar skouers. Die seemeeue kla en kerm en swiep laag oor haar kop heen. Hulle duik weg en gaan aas maar weer by die dokke. Mara se sakke is leeg. Die laaste broodkorsie het sy vir Brakkenjan gegooi. Die roomwit basterbrak volg haar al die hele week. Die son vlek die horison […]
WRAAK MY LIEFDE (SILWER)
Die konsep van liefde word totaal misverstaan. Of laat ek liewer sê: meestal verkeerd geȉnterpreteer deur meeste mense. Dalk is dit net ‘n kwessie van verskillende opinies oor die uitvoer daarvan, maar hoe dit ookal sy, liefde is nie ‘n teorie nie, dis ‘n daad. Hoe baiekeer hoor mens nie Sê dit met liefde in […]
Uitgeput (BRONS)
Uitgeput Sy’t gereeld gekom vir haar sknouerpyn: daardie vaag omskrewe plek – nóg skouer, nóg nek. Ek’t getrou gevryf aan haar sknouerpyn en peinsend probeer peil wat presies haar só opkeil. Maar ál wat verdwyn was haar sknouerpyn. Want het beide van ons nie tog maar geweet nie: verlange is geensins ‘n oppervlakkige skeet nie. […]
Die genot van ‘n kykpartytjie (Brons)
Vanoggend was die sonsopkoms vir my asemrowend mooi en dit het my ver laat terugdink aan ons kinderjare op Oupa en Ouma se plaas. In tye van afsondering dwaal mens se gedagtes nogal baie terug na die ou dae, die dae van ware vryheid en dit hou mens aan die gang. Vir meeste van ons […]
Die kersboom van my hart
“Dolverlief,” het my ma gesê toe ons saam onder die sterre lê … die knusheid van ons samesyn broei herinnering in my gemoed van soel somersdae se luilekker ontspan op die stoep oor jare het ons vermeerder ‘n kroos van drie plus sewe vrolike familiekuiers om die kerstafel met kinderlag besprinkel ons lewe vir niks […]
Liefdesblyk (silwer)
Liefdesblyk ‘n skewe posy in my hand selfgeplukte woorde sonder klank met stil gedagtes én met liefde kies ek die kleur en geur vou dit bymekaar in blink-blou selofaan waar jy nou lê lê ek dit neer nederig my liefdesblyk om wat jy was ‘n laaste keer te eer © Barbara Smit 15/10/2020
Ek soek jou
ek soek jou in die skoonheid van die natuur daar waar my roksoom raak as ek gaan sit en wag waar water druis kan ek vir ure stil tuur op soek na jou beeld ‘n oomblik in pag ek soek jou in die blou lug wanneer drome rondom my wentel in die natuur voel ek […]
As jy lief is vir my, sal jy
Oom Shakespeare loop en vertel mos dat jy moet lief wees vir almal, net ‘n paar mense vertrou en niemand skade berokken nie. Makliker gesê as gedaan. ‘n Mens is geneig om te dink dat liefde ‘n onskuldige, skadelose emosie is wat net goeie dinge in die wêreld bring. Die waarheid is dat liefde altyd […]