Die Loodgieter
Die Loodgieter ≈≈≈≈≈⤾⩯⤿≈≈≈≈≈ Midde-in die nag ontdek Dr. Abrahams dat sy kelder onder water staan – dis reeds halfvol. Dadelik roep hy ‘n loodgieter aan om dit weer in orde te bring. Die man sê, „Nee, dit kan mos tot môre wag.” Maar die dokter sê, „Hoeso? As ek na ‘n noodgeval uitgeroep word, moet […]
Die BEVOLKING as ORGANISME
Die Bevolking as Organisme ‘n Volk is ‘n organisme. Dit wil sê, dit is ‘n lewendige wese wat (te enige tyd in die verlede) gebore is en (te enige tyd in die toekoms) gaan sterf. Dit beleef groeifases of -stappe, dit vorm organe (Bv. ondergroepe wat ons stamme noem), kan deur ‘n oorlog of natuurramp, […]
Anna se geraamtes
Dit was Anna se geraamtes wat kom spook het by my gedagtes laat ontwaak het wat sluimerend moes bly. Parallel loop – met wát ek kon gewees het en wíé ek vandag is Hóé ek in my vel inpas en skepties oor alles is. Dis is Anna se geraamtes wat deur die psige skeur – […]
Jy flous my nie meer nie
Jou tikkel-tokkel woorde en vals snaar akkoorde verbrokkel soos sandsteen in ń namibswind. Baardhaar beloftes wat oud en vol stof is verroes in die reën van ń hart ontbind. In jou tikkel-tokkel melodië met aftoon lirieke sal nét die wat doof is nog aanklank kan vind…
Uitgelewer aan die hart
Ek wou nog vir jou sê as ek ń keuse kon hê om jou lief te kry of nie – sou ék vandag kon lag met ń traanlose hart, en salig kon aanwals sonder klippe in my skoen. Maar die hart se weë is nie te verstaan en wíé ons mag liefhê – makliker gesê […]
Sy is ʼn teefhond en sy byt!
Karma bekruip jou soos ʼn skurk in die nag stil-stil van agter af… die slang wat haar tande die hakskeen inslaan – vasbyt tot die gewete se gif jou verslaan! Kom soek sy jou op en klop aan jou deur – is omdraai te laat en spyt geen verweer. Wat die oog nie sien nie […]
Die skoenlapper-effek
As ń skoenlapper haar vlerke kan fladder in Japan en ń storm ramp veroorsaak aan die suidkus van Natal – kan liefde ons koud laat met verganklikheid – en die hart ook verander in ń ysberg met tyd.
Trou is nie perdekoop nie!
Dit is die ou bobbejaan met die veldskoene aan wat sy wyfie vandag agter die bult loop haal Met die kar voor die pêre en ʼn stofstreep oor die berge kom hy van vér oor die wapad aan. Dit reën vandag maar die son skyn flou Jakkels trou vanaand met wolf se vrou. Met sy […]
Die onskuld van walvisse
Die wind waai uit die Kogelberg om oor Stony Point te woed en oor Waaygat hang die stank van walvisvet en -bloed * Maar nóú edeltin die waters, die baai* lê so onskuldig in die mis waar vandag nog net die reste en die spoke van fabrieke is. Die wit klip en die strande is […]