Adderleystraat .
(Nou loop jy so versigtig, Mamma en jy moet mooi kyk waar jy stap, maar laat rus jou hand sag op my arm – dan klim ons sáám die laaste trap.) Adderleystraat Ek wonder of die sypaadjies van Adderleystraat onthou – die klik-klak van jou hoëhakskoene verby die Stuttafordsgebou. En dra die ruite nog herinnerings […]
Padlangs …
skryf weer vir my ‘n mooi gedig laat breek die dag in rym skryf dit tussen Colesberg en duskant Bloemfontein (Bo die groot Karoo waar die skadu’s diep agter donker heuwels, ver vlug ‘n raafswart kraai met ‘n wye draai en verdwyn oor die Gariep.) vertel my waar jou skape wei langs die huppel van […]
Die edel van amber
In Pole – waar dit koud is – aan die Baltiese-see se kus in ‘n land van baie sneeu en reën en mis het – miljoene jaar gelee’ – ‘n boom – in immergroen geklee – harstrane oor haar stam laat loop warm-goud in kleur en muskus was die geur harpuisgom het uit wonde van […]
Ek kom haal jou in Augustus
By Postberg, aan die Weskus digby Langebaan – dis waar madeliefies weer vanjaar so geil oor vlak en rante staan. En teen die duin’ – daar waar hul strandlangs hou – blom vaalblaar salies roes en blou langs die oranje, wit en geel geweef waaroor meeue op die winde sweef. Die blesbok en die eland […]
‘n Wit stoel met ‘n uitsig (‘n brief aan Shirley van England)
Beste Shirley Ek sit vandag hier op ‘n wit stoel by ‘n tafel met goue eetgerei. Dis ‘n warm sonskynmiddag aan die einde van April. Glo dit as jy wil, maar ek sit nou langs die see op ‘n plek waar net die rykstes van die rykes woon – met blykbaar net sjampanje en vonkelwater […]
By Bakoven
Die teerheid waarmee skemerson teen harde rotse skyn kan ek in woorde nooit beskryf nie. Ook nie hoedat lig (wat broos is) vroegaand in donker water dryf nie. © Carma Shaw 25 April 2017
Namakwaland
Liriek) Namakwa o Namakwa Namakwaland waar God sy saadjies saai tot ‘n blommeprag elke jaar waai blomliefhebber jonk en oud wat baljaar Augustus tot Oktober die blomprag invaar tasse en kameras gepak vir die skatkis om glad nie die Namakwa kleureprag te mis Namakwa Namakwa jou blomprag wag vir almal oopgevou elke dag Namakwa Namakwa […]
KATEGORIE: TAAL — KÅMPIOETERSPRAAK
KATEGORIE: TAAL — KÅMPIOETERSPRAAK Drie tale kan ek praat en skryf – taamlik goed, as ek my ‘n bietjie selflof mag bedien – naamlik Afrikaans, Duits en Engels; met Fanagalo kan ek waarskynlik genoeg raadbraak om my juis onverstaanbaar te maak. Maar teen Kåmpioeterspraak kom ek nêrens aan nie. En besonders as mense met my […]
RESENSIE: Oor Mense en Perde, die film
Oor Mense en Perde, die film Gewoonlik verskyn die duitse weergawe van ‘n buitelandse boek of film drie of hoogstens ses weke nadat dit amerikaans uitgegee is. Of hierdie film ooit na die VS van A gaan kom, weet ek nie. Maar in hierdie geval het die vertaling, die verduitsing van die klankbaan twee jare […]
Die SAKKEROLLER se VERHAAL
Die Sakkeroller se Verhaal Op die vlooimark Sy was ‘n pragtige meisiekind, jonge vrou moet mens sê, kaalvoet met sterk bruin kuite. Haar rok het om haar knieholtes gefladder, en was stram om haar heupe gespan, en die welige haarbos het haar skouers gedek tot waar die bloese en haar gehekelde tjalie gereik het. Van […]