Freddie en die bootbouers
Freddie en die bootbouers Stone Town, die hoofstad van Zanzibar, is nie groot nie en eerder ‘n groot dorp as ‘n klein stad. Mens ry nie sommer in die plek rond nie, want die binnedorp is oud en die straatjies is smal, en die buitewyke is maar vuil en bouvallig, met stukkende paaie en alles […]
Katjiepiering skatkis
Katjiepiering blom soetgeur in die vroegskemer na-dag en rus sag in my neusvleuels Verdiep dan my onthou nes die kartelkantjies van die witblom se prag om die presiese herinnering te pluk uit gister se skatkis waarin dit geduldig onder stof wag Katjiepiering soete blom soet is die onthou nou wat vanuit jou aroma kom
Wesens van die wind
Fassette in wind sal jy vind Laat dit of gehaat of bemind Die mensekind is ‘n wese van die wind altyd ‘n tolbos wat een ry spore los Spore wat swaai spore wat jou soms laat raai en langs snaakse paaie draai om lewe se saad te saai Dit tol soms traag om die gejaag […]
Kardoeslapperwoorde
Waar gogeltrane sypel deur klawers van ń aftoon minnelied, wegsyfer in krake van hartsverraad in tydlose smaad gegiet… vind ek tussen skeure van Dante se grot kardoeslapperwoorde in spektum van kleure wat rinkelend binne my bot. Neologismes: * gogeltrane = gogel (oë verblind) + trane * hartsverraad = hart + verraai * aftoon = off […]
NAGVLUG
Hier buite suis die suidoos deur my doringboom se kroon – deur die takke en die blare waartussen duiwe en ‘n bonthoutkapper woon. Die wind wat deur my ruite vlaag se asem ken ek goed – dis daardie drie-uur-in-die-môre wind wat in die rondrol ure woed. Vér verby hierdie oop gordyne – onder sterre en […]
DIE PAD VAN JOU EN MY
Onthou jy nog die pad van jou en my se eerste punt loop daar by vrolik groet verby Die bultjie op tot bo by ken ek jou dan gly ons af by vrolik lag tot onder in plesier se draai Gelykpad nou verken se bosse deur die vlak lê voor met sinkplaat hier en daar […]
arendsoog
liefde-hang in die lug al waai wind verwoes strandkoors loop hoog glimlaggies en drukkies laat strandtonele flikker wyl meeu dit fyn beskou golwe breek in reëlmaat as bewys van ewigheid witsproei waai verwoes met deinende seestrome wat strate deur baai trek en poseidon om rotse koes duinevlug van bruin valkie wat laag skeer om te […]
Lewens lampie
Ek sug Ek hoop Ek wens vir jou liewe mens ‘n lewens lampie met ‘n vol oliepens en dat dit helder sal skyn met die oggendson wat verskyn al bly jy net nietig klein mag jy fyn vlinder vlerkloos opkyk in die oë van troos al voel jou liggaam broos
Geboorte van ‘n ster
Grootte Digtheid Temperatuur Vorm Nebulamaterie keer in op dit self tot dit in die nuut verdwyn en as n inploffing begin skyn Siel Vlees Gees Tyd Ontginning van menswees keer in met introspeksie op self tot dit na binnedelf oopgaan met insig en helder denke
Vesuvius sindroom
Uitbarsting en verwoesting GESAAI deur die vuurtong wat nie gekeer kom wanneer lawa woorde se seer alles oorstroom en laat wegsink in verdrinking Bly jy oor in niks meer as blote as wat wegwaai in die na-ramp wind