My Onvolmaakte Liefde
Ek weet volmaakte liefde kom slegs uit die Goddelike hart, maar as dit vir die mens beskore was sou dit my liefde vir jou kon beskryf. Maar nou helaas is ek ook net ‘n mensekind, gebroke in my eenvoud, so ek bied jou my gelapte hart en alles daarmee saam om as jou drastoel deur […]
Kom Dans Met My
Toe ek jou vra ‘Kom dans met my’ het jy eers skalks geglimlag, het jy toe geweet wat sou gebeur? Toe die musiek begin het jy gewigloos in my arms oor die vloer gegly die eerste dans, dit was ‘n wals, jou oë blink, jou glimlag vrolik het ons oor die vloer gesweef… ‘n aar […]
Sommer
Karel gee Hetta se been ʼn drukkie waar sy hand bo haar knie rus terwyl hy geduldig sy beurt afwag by die stopstraat. Dit is spitsverkeer in Blinkpan, daar is drie motors voor hom. “Hou op stress, dit sal okay wees.” probeer hy die bekommerde frons tussen haar groen oë wegpraat. “Ek hoop regtig so, […]
RITME VAN MY HART
RITME VAN MY HART In die ritme van my hart draai ritmiese ratte van my hart soos ‘n horlosie tik tak tik my bene is lam geswik in sekondes van ‘n oogwink skitter my oë soos sterre blink ek is verskiklik mal oor jou my arms is reg rondom jou gevou my innige liefde behoort […]
Oudagspore
As die wolf sy hartseer note oor die volmaanheuwels huil en die kleinvolk van die velde onder bosveldbome skuil vat my hart die oudagspore in herinnerings se sand, en dra my t’rug oor al die jare na ‘n ou vergete land, ‘n land van sonskyn dae en aande langs die vuur, van lywe saamgestrengel in […]
‘n Nota op jou kopkussing (4)
As die son sak oor die westerkim En die donker teen die berg opklim Sal jy hier styf teen my kom skuil En jou hartseer vir my liefde ruil? © 11/12/2018 Anton Bosch
‘n Nota op jou kopkussing (3)
As ek die middagson se steek met my skadu oor jou breek sal jy jou hart vir my kom oopmaak sodat my liefde daar kan nes maak? ©Anton Bosch 24/11/2018
‘n Nota op jou kopkussing (1)
As ek die maan vir jou steel sodat jy heelnag daarmee kan speel sou jy dan vir my sê dat ek by jou kan kom lê? ©Anton Bosch 06/10/2018
My held?
Was jy die Heathcliff van my gees (myself), of die Phantom wat na onderaardse gragte my verlei , dan wegvoer na ‘n onverwagte donker gang en vrees? Was jy die grinch who stole die lig van my heilige Kersfees? Tog wag ek met ‘n olielampie vir die wis en vir die onwis vir die slow-mo […]