Oorwinning (OPDRAG 2)
In war gemoed waar jy pal na labirint-antwoorde soek; irrasioneel – redelik verdwaal met denke motgevreet en voosgetrapte wil; ploeter jy onbewustelik, salig voort na ‘n selfgekose doodspoort. Skrik betyds wakker besef jy woeker in verkeerde akker; trek skoene van bereidwilligheid aan beklee jou in nuwe hoop omgord met vaste wil; sodat jy beur na […]
VERDAMP
my lyf is ‘n tydwrak in jou hande van vergeet – jou hande kon eens die ritme van woordkuns weergee die plofstof het verdamp in ‘n eensame sug en verlange is die hoop wat ons liefde isoleer die tasbaarheid van tyd se wysers is die winterkuil waarin ons skuil my lief, jou afwesigheid is rein […]
Onreg
Kom haak aan my hart ‘n lanfertak sodat verbloem kan word my diepseer smart. ©Driekie Grobler
En dalk nog Simonsberg se hang
Goud dis oukei as jy wil weggaan terwyl die muisvoëls bessies vreet – ek verstaan as jy van alles en van die mossies wil vergeet en van die boom en die visdam, die skewe grense om my tuin; van my houthuis met die venster en die son wat daardeur skyn (dis net ek en […]
2 julie 2018 (en die pers heks van Blommeland skryf)
Goud My liefling, dit is winter en ek verlang weer, dis maar al – hier vanuit die Kaap waar die reën vanjaar in strome oor die Weskus en die Boland val. Die bitter van die droogte is uiteindelik verby en water stort oor kranse by Jonkershoek, De Doorns en Grabouw. Vol riviere raap nou […]
Versamelde gedagtes
Só sonder om een maal om te kyk of tale te gebruik om tekens rondom ons weg te wys skryf ek jou af vir een laaste maal herskryf ek summier jou skrif teen die muur (wat jy om ons gebou het) en skend ek die stiltes wat altyd om ons sal swyg soos ‘n oop […]
Letsels van liefde
wyl sy kleure van vergifnis op ń skilderdoek verf skraap sy hartseer oorblyfsels bymekaar met letsels van liefde in haar hande gekerf die gelag het sy alleen geërf en in pekeltraanstroompies bewaar wyl sy kleure van vergifnis op ń skilderdoek verf verbloem sy die wrokke wat haar vrede bederf in indigo-poele opgegaar met letsels van […]
DIT IS (GLO EK) WAAROM GOD EGSKEIDING HAAT
Ek sien hoe frons jy. Ja, jy dink by jouself: “Martha Poller, wat weet jy van hoe swaar ek gekry het en wie gee jou die reg om jou mond uit te spoel oor iets waarvan jy niks weet nie?” Kom ek stel jou gerus. Hoe lui die spreekwoord nou weer in die Engelse taal? […]
WIE KYK VIR MY?
So ‘n tydjie gelede hoor ek die storie van die boemelaar met die hond by ‘n vriend. Dit sink diep in en ek besef dat dit ‘n lewenswysheid is wat nie ligtelik opgeneem moet word nie. Hoor wat sê hy: Hierdie ou boemelaar het niks. Hy het iewers ‘n trollie van ‘n winkel in die […]