WIE dalk mag belangstel: RSG Christelike radiodrama-skryfkompetisie
RSG en Cordis Trust bied weer vanjaar ‘n Christelike radiodrama-skryfkompetisie aan. Cordis Trust bevorder die Afrikaanse woordkuns en span saam met RSG om ook die skryf van godsdienstige of geestelike radiodramas aan te moedig. Daar word spesifiek gesoek na radiodramas vir uitsending op Kersdag 2016 en Goeie Vrydag 2017. Die wendrama ontvang R5 000 prysgeld, […]
. . . dan kom ek weer
ek kom weer as dit lente in jou Kaap is op ‘n dag wat dit eindelik ophou reën en ‘n koor van duisende oggendvoëls met ‘n môrelied jou nuwe dag sal seën ek kom weer as jou Namakwaland aan’t blom is jou soetgras wuiwend oor Vrystaat velde baan fonteine borrel uit jou aarde se barheid […]
BAIE BELANGRIK: ‘N MOET LEES VIR ELKE LID EN VRIEND VAN INK
Ek wil julle net weer herinner aan die gala funksie op 22 Oktober 2016 by die hAp-huis in Pretoria. Ek wag nog vir ‘n paar lede se bevestigings of julle die funksie sal kan bywoon al dan nie. Ons besef dat dit finansiele implikasies het, en dat ons nie onnodige druk op ons lede en […]
Paradoks
Vir ‘n oomblik kon ek my hart buite my hoor klop Vir ‘n oomblik was my hart weer op ‘n plek waar net ‘n kind sin kan wees Vir ‘n oomblik het ek buite my mure rond gedwaal Vir ‘n oomblik het ‘n vreemdeling bekend gevoel n oomblik was genoeg om alles te verander Vir […]
Anyway . . . (‘n WhatsApp versie)
Ek’t maar net vandag gewonder hoe dit met jou gaan. Ek het weer laasnag so sleg geslaap, en toe maar vroegvroeg opgestaan. Die twee brakkies is al om my, hul speel heeldag op die bed. So, ek voel nooit juis alleen nie, dis als plesier en pret 😃 Dinge by die werk sukkel egter nou, […]
‘n Lang pad is nie net ‘n lang pad nie
skryf weer vir my ‘n mooi gedig laat breek die dag in rym skryf dit tussen Colesberg en duskant Bloemfontein (Bo die groot Karoo waar die skadu’s diep agter donker heuwels, ver vlug ‘n raafswart kraai met ‘n wye draai en verdwyn oor die Gariep.) vertel my waar jou skape wei langs die huppel […]
KOSMOS
KOSMOS Die weelde in jou arms oorweldig my – oorvloedig, soos jou minsaamheid. Dis kosmos – lenteblomme in die herfs. Jy is vir my ‘n kosmosblom. In die winter van my eensaamheid word jy na my gestuur.
Saphira en die Biblioteek onder die Berg
Cian het besluit om by hulle te bly na die hele eenhoring-en-dwerg-ding. Eolande, natuurlik, is baie opgewonde daaroor. Jade, soos katte maar is, is ongeërg. Saphira daarenteen voel omgekrap. Sy weet daar’s nog baie wat hy haar moet leer oor hoe ander Feë hul towerkragte gebruik, maar dit voel amper asof hy haar oppas na […]
Visvanger
ek sien jou sit in neonligkantore en staar deur ruite – die uitsig is so vaal maar jy hoor steeds die stormreën en donder en op die dak die gekletter van die hael jy neem jou vlug oor hemelhoë geboue oor vuil teerstrate – die teer en die beton – tot waar die son skyn […]
….My Hart Verlang Na Jou….
Jou pragtige glimlag het soos mis onder die son verdwyn, en my hart is so seer soos ‘n beer se poot. Ek wens dit was anders, ek sal alles verander om by jou te wees, ons weer mekaar se gedagtes kan lees. Maar waar jy nou is, is saam met hom, weet jy nie wat […]