Vreugde in die more
Vreugde in die môre Die westerkim bloei met die magiese magenta van die sterwende son tik… tik… tik… tik sleepvoet sekondes stadig een vir een vir oulaas gryp sonstraalvingers vergeefs vir ʼn vashouplek skielik is ek stoksielalleen… en ek ween. Ek huil oor ʼn dag wat verby is ek huil oor ʼn lewe vermors ek […]
meeu gesels
hoog bo sy duin sweef ek sy hart lyk so seer en stil hy sit net daar so stil regop geen beweging of gebaar my oë sien ook sy vrees oor duine hoog en donker ruis rooksuile van geweld spoedig oor sy duin te trek ver aan voet van berg lê dit wit wolke van […]
Kintsugi
Soms moet ek met alle mag die begeerte onderdruk om iemand aan die skouers te gryp en hom/haar ‘n goeie ruk-skud te gee. Skrik tog net wakker! Tweede beste ding om te doen is seker om stil te sit en te wag dat die gevoel iewers moet wegsyfer, tesame met die wete dat nie een […]
die soort vrou wat sy gedink het sy moes wees (opdrag 6)
met die warm son op haar rug en die soet geur van begonias in die lug hoor sy hoe die Groot Depressie weer haar naam roep 1930 brand in haar keel en in haar bors onderdrukking pols deur haar are vreugde is nou volksvreemd magtelose moedeloosheid klou vas aan alles innerlik en uiterlik haar drome […]
Ongegrond (Opdrag 6)
ek dryf teen die plafon raak weer nie kante nie nie hergebore half surreal bewolk en deur die mis so gemaak onklaar laat staan terwyl stellasies bewe en ek engel-duiwel met my pen en verfkwas swewe vir grounding word gemaan jy raak aan iets sien kleure dinge bid hou vas sit stewig tel tot tien […]
Boustyle en tye verander, maar mense bly maar mense (opdrag 6)
Vervloë grepe wat teen mure hang (deur kunstig’ hande vasgevang) sal vir eeue steeds sy boodskap dra – daar’s veel minder antwoorde as vrae. * As ruite bloot na dieper donker lei by vensterraam en kantpatroon verby as broosblaar plante purper bloei naas skerptonglowwe wat op stoepe groei as die hart nie in die huis […]
Donkerman
Aan die voet van Bainskloof sit ‘n donkerman; hy’s blind vermink deur dekades se skade ek staan langs hom doof ons staar saam oor Wamakersvallei wolke hang hier en daar soos kantgordyne uit die bergblou hemelruim ek vat sy hand en lei hom na binne waar my hart warm klop. © 2018 Caren Kearley Kopiereg […]
GERED ONDER DIE WASBAK UIT (2)
Ek wil jou net herinner dat hierdie ‘n stuk seer uit my verlede is. Ek is, deur genade, genees van depressie! ALLEEN [Een aand by ‘n geselligheid van die skool toe die verwerping en eensaamheid hoogty gevier het.] My hart is rooi soos die rooi-rooi servet op my skoot. Hy skree die skelskree van ‘n […]
GERED ONDER DIE WASBAK UIT (1)
Ek het besluit om hierdie klein getuienis van my tyd en stryd met depressie met jou te deel. Dalk,net dalk, is daar iets in wat vir jou van waarde kan wees. Ek is baie bly om nou te kan sê dat die swart hond nie meer deel van my lewe is nie. Die Here is […]
Wysheid
Van waar kom menslike wysheid? Kom dit dalk van pyn en vrees? Miskien ontdek jy dit in grysheid… Of in die swaarkry van die gees? Verdiende lesse is bitter duur betaal. Verdiende respek dra die swaarste seer. Maar die waarheid bly maar bitter vaal… Jy is tog wat jy uiteindelik vereer. Die lewe is regreer […]