Weerkaatsings
Stil, verstom, staande voor ‘n gekraakte gesig. Die weerkaatsing dans en lag in die lig. Ek sien, maar is blind en die beeld verwyn. Net om weer in my nagmerries te verskyn. Roekeloos en rusteloos hierdie gedagtes van my. Waar ek die waarheid dag en nag probeer vermy. Dit wemel binne my. My vel is […]
Vervreemdeling
Tussen Hemel en Aarde staan ek alleen, van vriende en die mensdom het ek myself vervreem. In die mis van die more prober ek dink, maar al wat antwoord is my gedagtes wat weerklink. Ek klou aan jou, my enigste uitweg. Ek staan stil, verstom in ‘n stryd tussen goed en kwaad. Jy hou jou […]
Verlore Generasie
‘n Vergete generasie, dwaal doelloos in die nagte. Ons doen wat ons moet om op te staan sonder steun of klagte. Ons oorlewe tussen haat, selfsug, geldguurigheid en minagting. Ons dra die ankers om ons nekke met geen hoop van versagting. Geen helpende hand word uitgesteek, geen steun vir jong pilare. So sterf ons kinders […]
Ontsnap
Predikers op kiste seep spreek luidkeels tot die skare. Woorde wat van heuning drup, die soetste doen die meeste skade. Die mensdom draf hul wankelpad, maar pyn en lyding soek altyd maat. Waar jy wandel in die lig en waarheid, kry jy die ergste kwaad. Reëls en sakramente is deur mense uit hul duime gesuig. […]
Gek geskeur
Druppel vir druppel dreineer my gees. Terwyl ek probeer onderskei tussen wese en wees. Die storms bly draai en tyd stap aan. Ek staan hier hulpeloos terwyl my wêreld vergaan. Die son breek deur en streel my gesig. Die lied van die lewe is soos ‘n liefdes gedig. My hart klop jou identiteit, beeld van […]
Gesigloos – Opdrag 4
Gesigloos (Opdrag 4) jou onthou het afgesplinter soos skaafsels en jou woorde het gaan lê in ‘n (stil)prent getalle het skuilgegaan in verdwaalde syfers met frustrasie wat dans in jou oë onthouloos noem jy my naam voor jy neskry in gister se gister jou onthou het afgesplinter soos skaafsels in ‘n oomblik se vergeet Kopiereg […]
Wees waaksaam (OPDRAG 4) – SUGGESTIE
Die brandwag staan paraat, waarsku ieder en elk (oor dit wat saak maak) om selektief te luister – ‘wees wakker, wees waaksaam’. Luister na jou binnestem sodat jy betyds kan rem, nie deur paradokse propaganda mislei sal word – ‘wees wakker, wees waaksaam’. ©Driekie Grobler
konsentrasiekamp
vader, hoor daar duiwel se geluide slepende kettings wat snags my hart verstil moeder hoor daar dood se voetstappe marsjeer heen en weer my maag stap saam boetie hoor jy die wind wat waai deur tentflappe trek tog die kombers op my nekkie vries en pyn sussie voel jy nog seer gaan vir mammie roep […]
Blomme en bloed – Opdrag 3
Opdrag 3 – Inspirasie uit ‘n boek Blomme en bloed blomme in die voortuin platgetrap uitgeskop met stewels alle respek die hond het geblaf, getjank nou stil met ‘n panga in sy kop plaasmense in ‘n bondel van vlegsels, vloeke en trane gebind met koue koperdrade verbrand met kokende water geslaan, geskop, gesteek en stukkend […]
Alleenspraak
Sy het haar voete voor die vlamme gevly en met vuil vuiste na binne gedraai: “Hallo siel, jy lyk moeg jou lig is dof en die laaste paar dae se kruise bloei nog oor jou bult, maar mag ek jou vra waar is my kind hierdie halfgemaakte winter is lewenslank en as jy weet waar […]