Spookspore
Verlede spoke spore dans oor mens se reg in heiligste plek
DIE KEUSE
KORTVERHAAL DIE KEUSE Binne-in die koevert was ‘n pragtige sewejaartjie. Martie haal dit uit en gooi dit binne-in die graf en kyk hoe dit saggies op haar man se kis val. Met haar een plomp hand wriemel sy haar duur swart rok se soom met duidelike onsteltenis. Trane loop oor haar bol wange en haar […]
Getel Getel Geweeg Gedeel
geliefde nooi my mooi my lief verlief smetteloos vlekkeloos prysloos bemin oorwin gewin verbeel gedroom gevra geseël Breek die neut van hard vergeet Net brood van verlange geëet Die suur en bitter wyn Woestyn van pyn van nimmer weet Dae gaan verby en dae van verdriet Ek skryf vir jou my minnelied Leeukuildae kom en […]
Die verbode vraag
En daar sal nag wees. ‘n Verderf van die vlees, verdoem, alleen in die gees alleen in die ewige vrees. Geskep en gebore vir lig en vreugde sang deur die ewige donker duisternis ontvang. Weg weg weg verban na die dieptes van die ewige sleg. Is daar ‘n God van genade, en durf ek in […]
RESENSIE; JIMMY se SAAL, die film
Hier word op entoesiastiese manier die ware lewensdrama van James Gralton (1886 – 1945) vertel, die enigste gebore Ier wat ooit uit sy tuisland gedeporteer is. Die 23-jarige Jimmy Gralton het, ná stryery met die kerk en die grondbarone na die VSA geëmigreer. Toe keer hy na sy pa se dood uit amerikaanse „eksiel” terug, […]
O, die donkie is ‘n wonderlike ding…
Oorlede oom Chris Blignaut het die donkie besing as ‘n wonderlike ding. Ek glo nie saam nie, want mý ken van donkies is dat hulle soms satan troef met die verneuk van die mens se siel. Gaan vra maar ons jongerdae se Boerseuns wat nog kan onthou van donkie ry tot bliknêrs toe. En Oupa […]
Saphira en die Toorlied
Die swart-en-bruin Feetjie Hond haal diep asem soos sy die koel woud binne tree. Dit het ‘n daaglikse oefening geword om woud toe te kom. As die lus eers vir Eolande beetkry, moet Saphira maar gaan jag. Nie dat sy omgee nie. Haar beskermling is swanger en het ‘n gesonde aptyt. As sy moet wag […]
Erik se Delusies
Erik stop voor die donker venster van die restaurant en maak eers seker dat sy voorkoms is soos hy dit wil hê. Beïndruk met homself, loop hy tot by die deur en verwag dat een van die kelners van binne die deur moet oopmaak. Hy betree die restaurant en kan voel hoe alle oë na […]
Die verbode vraag
En daar sal nag wees. ‘n Verderf van die vlees, verdoem, alleen in die gees alleen in die ewige vrees. Geskep en gebore vir lig en vreugde sang deur die ewige donker duisternis ontvang. Weg weg weg verban na die dieptes van die ewige sleg. Is daar ‘n God van genade, en durf ek in […]
Rasionaliseer 2
Skeur die groot prentjie in fyner fragmente segmenteer, redeneer kompartementaliseer reorganiseer denke. Plak weer kleurloos die prent bont aan mekaar waar pyn in gom lê as lasplek aanvaar. Ek verstaan nou beter maar jy mag geskeur in my skepping pryk.