Tussen nêrens en êrens
Tussen nêrens en êrens
Blou ballon vol helium
dryf waar wind jou neem
bestemming onbekend
onaangeraak deur
skarrelende wesens
met blindheid geslaan
stokdoof vir duisende desibels
skree ten hemele
waansinniges grynslag
bloed vloei deur die wingerde
hondsdol hond verskeur mensvleis
rookkolomme bol opwaarts
vlammesee laat spoor van vernietiging
watermassas wis voor die voet uit
skuddings sluk eiendom, mens en dier
vulkane verskroei als in hul pad
tronkbestaan bied geen sekuriteit
hieroor het ons geen beheer
‘n Hart hunker na liefde
na samehorigheid
‘n feesmaal saam met geliefdes
in vreedsaamheid
om veilig te voel in jou woonplek
om saam te kan sing
vrolik te verkeer
te kan dans sonder vrees
buite ‘n vuur aan te steek
te kuier tot ounag
in maan verligte soel aand
af te koel in swembad
in geborgenheid
te droom van ‘n oudag
by waters waar rus is
wil die slang se kop verbrysel
wat in hakskeen byt
skerpioen trap
sodat sy angel geen gif kan inslaan
want die Here wat lewe gegee het
het dit bekragtig in Sy Woord!
dus verslaan die bose
koningskind
jy dra die kroon
tot in Ewigheid
©Berna
25.10.2017
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2017 – Oop projek