Jongste aktiwiteit:

vermis

in die vroeë oggend mis
staan een meeu op strand
sy vlerke styf vasgeklem
koue sproei hang om hom

golwe kom en golwe gaan
skuim some draai om hom
verdwyn weer in die sand
soms raak water sy voete

so staan die mens soms
alleen op ‘n verlate strand
waar die lewe om hom is
verby hom gaan in die mis

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed