
donker kant van lig
sou lig altyd Lig wees
sou jy lig vir jouself neem
vir jouself definieër en skryf
jouself in lig projekteer en sien
ander beindruk met lig wat om jou is
of is daar ‘n donker kant aan lig se wolk
wanneer jou definisie van lig nie meer Lig is
jou teenwoordigheid in lig nie meer Lig straal
jou middelpunt in lig die duister nader wink
mense deur jou lig kan sien tot in skadus
van jou donkere binneste en jou siel
kan lig dalk net donker verbloem
neon van blink oppervlakte
geverf met lig as kleur
maak nie donker toe
lig moet Lig bevat
om te kan
skyn
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.