
VIR JOU ‘N SEILSKIPPIETJIE
Môre sê
Uit die brandkluis van my hart gee ek vir jou hierdie seilskippietjie – mag dit jou neem op ‘n ongeskonde mooi reis na die Sonkring van God se hart.
Mag jy ongekaarte kuslyne verken in 2020; jou seile span na ‘n land van ongetemde drome en rou passie. Daar waar wonderwerke soos geelperske-reën aanhou val.
Kyk mooi na jouself, liewe Bokkie my babie; en mag jou dag en jaar propvol skaterlag-oomblikke en ongerepte hoop wees.
Liza☕🌹💝
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.