Vriendelike herineringe
Dagse^ jy, lanklaas gesien
steeds bly jy my beste vriend
vir al die jare voor dankie se^
die beste en mooiste wil ek vir jou he^
Nog n’ jaar is verby, n’ nommer bygevoeg
steeds sit jy in die kerk, en nie in die kroeg
bly net wie jy is, goed groot gemaak
Wetend in my lewe jy altyd sal saakmaak.
Ons was saam gevorm, kennis gekry
nou bid ek vir jou, wysheid sal bly
want elke dag droom ek n’ herinering
van jou wat saggies in afrikaans sing
Waar ons saam in plaasdamme induik
Jongsus wat vir ons agter bome wegkruip
ons wat dinge bou met hout en silikoon
Jy wat alweer soek na jou foon
Vriende kan kom en weer gaan
maar ons vriendskap sal ewig staan
dankbaar dat ons mekaar ondersteun
Altyd daar is om op te steun.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.