Jongste aktiwiteit:

Wee die vrou

Wee die vrou
wat na die sonskyn soek
wat die klowe (waar dit donker is)
vir ‘n bergpiek wil verruil.

Sy sal huil.

Wee die vrou wat hoop ~
sy sal die pad alleen moet loop.

Wee haar as sy glo
wee haar as sy liefhet
wee haar
as sy vrede vra.

Sy sal haar kruis moet dra.

Wee die vrou wat om versoening bid
sy sal gestenig word met onbegrip.

Wee haar
as sy ‘n blom wil plant
in hierdie land van droogte
waar dit min tot selde reën.
Wee haar, wee haar, wee haar
sy sal vervloek en vertrap word.

Wee haar.

Sy sal sout
en bitter trane ween.

C. Shaw
3 November 2015




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

9 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed