Jongste aktiwiteit:

Wegry

Wie sou die ware swerwer wees? Die een met tas en reisbiljet, of elkeen wat nog drome het……
As ek kon Wegry met my Apollo bande sou ek die pad aandurf na die kus van die dood aan die weskus van Afrika. Miskien sal ek gelukkig wees en kan oornag in ‘n Himba hut. Hulle bou dit besonders sterk want dit moet kan hou op grinterige vlaktes en verskuiwende sandduine.
Hopelik sal ek nie te eensaam voel as ek die Welwitchia daar raakloop nie. Die misbanke se vogtigheid laat hulle welig groei. Lank genoeg daar bly om ook daar te sterwe … dink nie so nie. Maar ‘n diamant of twee sal welkom wees.
Sien as ek daar vertrek wil ek luilekker met die pad aanslinger tot by die welbekende Kango grotte met sy stalagmiete en stalagtiete. Slaan my dood met ‘n nat vis want ek kan nooit onthou watter een staan en watter een hang. Dink nogal my bekfluitjie sal mooi kan klank in daardie eggo-gebied. Wil daar net ontspan, die mooi sien en God se teenwoordigheid voel.
Graag sou ek ook my draai maak by God’s Window in die Limpopo Provinsie sodat my asem vir een keer deur God’s wonders weggeslaan kan word en nie deur mense se dwaashede nie. Die Blyde rivier Canyon is nie te ver van daar af nie. Vir ‘n berge en rotse mens wat die taal van klippe verstaan is dit net die plek om te wees. Hulle praat mos so in jou hart en laat jou klein voel – selfs kleiner as ‘n stofkorreltjie.
Laastens wil ek die plek van groot visie besoek. Die Kruger Nasionale Park. Daar loop die wild nog los rond. Jy kry troppe olifante wat in die water baljaar en gestreepte zebras wat hulle koggelroep oor die park laat weerklink. As ek gelukkig is kan ek dalk ‘n jagluiperd sy prooi sien bekruip of my boeglam skrik as ‘n leeu onverwags van iewers naby sy brul oor die vlaktes laat jubel. Skilpadjies en trapsuutjies laat jou ook onthou van die klein dingetjies van die lewe wat ‘n mens ook soms miskyk.
Iewers het ek eendag ‘n liedjies gehoor: “Dreams are good friends when you’re lonely…….”




Dink woorde is die mooiste en beste ding in die heelal. Hou van opbouende kritiek.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed