Jongste aktiwiteit:

Wie is die Mens ?

Brons – Johan j van Rensburg

Wie is die mens om in opstand te kom

teen die Skepper van heelal en Sy heiligdom ?

wie is die mens – tog so verwaand

in sy denke oormatig en selfvoldaan !

 

Wie is die mens dat U aan ons dink

wyl ons voortdu in duistere werke rinkink

wie is ons wat mors met U werke

so sonder skuheid of skaamte en sonder perke

 

Wie is ek dan – dat U hand my nie wil laat gaan

as ek in spot en dwaasheid bestaan

waarom dan spuug U my nie uit U mond ?

in die listige we^reld van koudheid en stront

 

Want die tyd sal kom dat U skepper

met simbale geklank, swaai van die septer

sal neerdal en met skeidende hand

die lig en die duister sorteer aan n” kant

 

Sal U dan my steeds toevou in U hand

wyl die koues en loues in as verbrand ?

Sal U my naam kry in U groot boek

waar die andere kners in die smeulende roet ?

 

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed