Winter 2004 Vir Chris. SILWER
As die laaste roosblaar
saam met die kluitklip
op die kis val
en ons snikgebed in afskeidsgroet
die winterwind omhels,
sweef my siel met jou
in soet herrinnering mee.
Kindwees dae, soetperskes,
appel en turksvy,
in die laning met die blourëenblom…
ons voetspore,
net ek en jy.
Elke plofgeluid:
die harde werklikheid,
die naelstring van ons saamwees
vir ewig afgebind.
‘n Handvol pienk roosblare
op n skitterblink houtkis,
die letsels van die lewe –
moeilik om uit te wis!
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2021 – OOP projek