Winterkloue
Winterwind klou met impak vas teen lyf
vou homself verleidelik teen my vasgevryf.
Dryf met dwange fors sy koue tot op been
waar hy my warm vel in ys laat versteen.
Met elke asemteug verbrand my long van koud
verdamp my suurstof uitblaas in stoomformaat behoud.
Vretend verskroei die koue alle hitte uit my siel,
neem met oormag oor, los my verkluim, verniel.
Geheimsinnig bedek mis alle uitsig om my heen
voel eens bekende plekke onheilspellend en alleen.
Vorm leeggestroopde takke geraamte silhouette
en sit in my voet se stap ‘n effe tree verset.
Verlate vertoon die winter, alle bestaan weggestroop.
Verdrink hy die vooruitsig van enige lewenshoop.
Terwyl wind sy lied ween tussen gleufies en vlaktes
vul winter in menswees, duistere gedagtes.
Paula Paxton©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2019 projek