Woestynvlinder
tussen wasbedekte blare van kreosootbos
en bruin, barre woestynsand
het dit gevoel God het my gelos
in hitte van swaarkry
wou ek wegvlug
in my alleenwees
dor soos die woestyn
my hart gekneus
toe ek in God twyfel
gestroop van myself
op rand van verlies geweifel
word vrees en verlange my oase
maar midde lewe se gemors
het Vader my kom ontmoet
tussen gebedstiltes troostend kom groet
kom les Hy my dors
met Sy genesing en hoop
tydens tye van angs
was Sy liefde my vangs
het Hy langs my oor rotsvlaktes geloop
in my woestyntyd het ek myself gevind
weet ek Vader het my nie vergeet
en besef ek is Sy kind
woestynvlinder, jou transformasie is kompleet
©Jessica Venter
20/11/2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.