Jongste aktiwiteit:

Woorde word ‘n song

Woorde word ‘n song
(Magda van der Walt)

Woorde draai heeltyd in my kop, hul volg my oral waar ek gaan
soms onverwags verras hul my, ek droom dat hul nooit sal stop

Hul maak my wakker in die nag, en in die middernag se uur
voor hul kan wegraak skryf ek neer, ‘n melodie fluister vir my sag

Hierdie woorde en hul akkoorde groei net soos mos aan my

My kop bly draai en draai en draai, met nuwe woorde wat bykom
ek kan nie wegkom hul jaag my, al die woorde praat heeltyd met my
hul wil nie ophou wil nie stop, hul bly net draai hier in my kop

Woorde roep om hul te laat hoor , ek laat hul vloei oor my papier
Hul kry ‘n nuwe note lyf om ‘n gehoor te kan bekoor

Hierdie woorde en hul akkoorde groei net soos mos aan my
Koor
My kop bly draai en draai en draai, met nuwe woorde wat bykom
Ek kan nie wegkom hul jaag my, al die woorde praat heeltyd met my
Hul wil nie ophou wil nie stop, ek laat hul draai hier in my kop

In die vroeë oggenduur lê hul klaargeskryf voor my,
ek laat hul vrolik gly en dans, oor my klavier

daars soveel woorde wat bykom, ek kannie wegkom hul jaag my al die woorde praat heeltyd met my
Koor
My kop bly draai en draai en draai, met nuwe woorde wat bykom
Ek kan nie wegkom hul jaag my, al die woorde praat heeltyd met my
Hul wil nie ophou wil nie stop, ek laat hul draai hier in my kop

Al die woorde al die note, is nou ‘n nuwe song vir my




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed