Jongste aktiwiteit:

Woordlief

Silwer Gradering

Wens soms ek was maer soos ‘n graatjie
maar ek het ‘n Kupido maatjie
wat hou van ‘n mollige nooi
dis vir hom handevol mooi!

Wens soms ek kon ballerinamooi dans
maar ek waggel soos ‘n gans
my man hou geen pas
dan is ‘n tutu net ‘n las!

Wens soms my stem kan nagtegaalskoon
my gawe aan die wêreld vertoon
maar ai tog ‘n brulpadda se kwaak
is die naaste waaraan my gesing kan raak!

Nou skryf ek maar ‘n hond uit ‘n bos
woorde skommel is immers my kos
dis tog net met woorde wat ek kan sê
wat in my heelal hart kom lê!




Dink woorde is die mooiste en beste ding in die heelal. Hou van opbouende kritiek.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Yolandi het n geregistreerde lid geword

  • Hermien het n geregistreerde lid geword