As weer my oog die fluister van jou lippe vang…
Toe my oog die fluistering van jou lippe vang klink ek is nogal lief vir jou na ek is bang… En toe weet ek -deur telkens oor en oor verloor!- die bloedhond van jou twyfel snuf reeds op my spoor. Seerverlange vliet sinds deur vensters van onthou van helder dieplêmaanskynnagte in die dou toe ek, […]
Die vrug van jou skoot
Mamma, toe ek klein was was ek soos bloeisels vir jou oë ragfyn sag en kneusbaar broos in perskepienk en appelkoosblomwit wat ontbloot aan naakte takke sit swanger aan belofte lentegeur en hoop. * Mamma, hier in Meimaand hang my perskeboom se blare so herfsdor aan hul takke. My appelkoosboom het – na sewe jaar […]
NAWEEK: Woord teen wapen
„Het ons die woord, so het ons die taal, dan het ons die wapen nie nodig nie” [Ingeborg Bachmann, duitse digter] 2016……………………………………………….ooOoo………………………………………………….tje
Boetedoening
Drogbeeld sweet nagmerries deur jou skimme binnegedring het die heel laaste gryntjie lewe uit haar siel gewring Demone in jou hart en siek siel versteek was totaal onsuksesvol om haar geloof te breek In jou doolhoof verstand waar ‘n duiwelskers brand glo gedrogte gruwel en grou leuens wat jou eie lippe bou Maar die boetedoening […]
Moeder
Moeder My sagmoedige moeder se naam vloei eerbiedig en sag oor my lippe Aletta Catharina, ons Liefdevolle, sorgsame , trotse matriargmoeder, man en kinders haar alles deur dik en dun, maer jare en goeie jare, sy was daar, altyd daar, sag maar sterk, innerlik ‘n rots— My woorde skiet hopeloos tekort vir daardie moeder van […]
Teen ‘n Koorsboom se Albino-stam (vir Rudi)
Ek het ñ vriend, iewers in Afrika, en al het ek hom nie fisies ontmoet nie, spontaan hom nie aangeraak nie, ken, ( asof van altyd af ), ek sy siel deur sy woorde wat soos windswaels uit sy hart uit vlieg om met elle-lange vlieswolkkoorde ons grootwieldraai te meet in pyn en bieg. Skiet […]
Elkeen ‘n legkaart
Elkeen van ons, grys of in dons besit glashelder voorbeeld – volmaak onder drukpers van Skepper se ambeeld Van embrio tot die dood skommel en rangskik ons soek eerste raamwerk uit alle stukkies tog ontbloot Soos ons in harwar pas en meet horisontaal, vertikaal maal kruip die vrees om dalk te faal – maar dan […]
EK KEN N VROU
Ek ken ‘n vrou ek ken n vrou wat se geloof sterker is as myne ek ken n vrou wat n voortrekkervrou kon wees en kaalvoet oor die drakensberg kon trek ek ken n vrou wat met deernis na n kind kan uitreik en vertroostend wees waar angs floreer ek ken n vrou wat met […]
DIE SOLDAAT
Die Soldaat die stoomtrein blaas sy bolle stoom oor die perron die kondukteur blaas sy fluitjie die masjinis antwoord oorverdowend met die trein se fluit sy staan op die perron truitjie swart en wit om vir my goebaai te se want ek gaan weg my trommel balsak en geweer is gepak in die kompartement ons […]
BALANSSTAAT
Balansstaat Wanneer die vuurwerk begin dan weet ek iets daar is n nuwe begjn maar laas jaar moet ook opgeskryf word in die balanstaat van die jaar Waaroor gaan die balansstaat van die jaar? die balanstaat van die jaar vertel van die verliese en winste van die jaar. oor die menswees goed hierdie is nie […]