KORINGKORREL
KORINGKORREL Die saad moet val en sterf; dit moet die grond eers in. Die einde van die korrel is ‘n nuwe, heerlike begin. Die dood van onse Heer was nie die einde nie – dit was die heel begin van sy verheerliking. O mens, verstaan dit tog: te sterf, is om te leef. Ons volg […]
Moenie Bang Wees
Moenie Bang Wees Thula, thula my kindjie, as die aandskemering en onrus jou oorval moenie bang wees vir die naggeluidjies my kindjie thula, thula ek sus jou veilig en knus in my arms toegevou—- Buite het die naglewe ontwaak en die muisies skarrel rond tussen die bossies onder uil se skerp oë en kloue uit […]
Willem Farmer en Swaartekrag
Willem Farmer en Swaartekrag Ek het nooit geweet waarvandaan Willem Farmer kom nie. Hy was maar net altyd daar. Nou moet ek sê dat “altyd” op daardie stadium nie baie lank was nie. Ek dink hy het uit Springbok se wêreld gekom maar Oupa het altyd gesê hy kom nie van Namakwaland af nie. Sy […]
Dan dink sy terug aan hom
As ysbere tango-trippel oor kontoere van haar tenger lyf en winterswind weemoed deur haar hartmuur ranke gewaar sy die skroeivlam deur groen-oog aangevuur diep in sy binneste brand Wanneer souttraan biggel in haar seerkind se pupil vrae tolbos na haar toe rol sy stukkend stom starend luister na hoe sy koggellag deur demone geil gegerf […]
Mamma, ek mis jou
Onder jou hart, snoesig – knus met neurie ons tot ruste gesus weemoed-oë het liefde gestraal wanneer jy saans kers aansteek eerbiedig vertel – Jesus se verhaal Kreukelhande het drome omvou ons oop-hart geheime toevertrou as vriendin lewenslesse geleer sodat ons vandag opstaar na Daar waar dierbar’ Mamma by eng’le skaar So kan ons dan […]
MEDALJE VIR MA (OP MOEDERSDAG – ODE)
in ganse heelal is daar geen maar geen medalje groot en skitterend genoeg om ten volle waarde te toon of verleen vir jou opoffering, sweet en swoeg nagte alleen en verdrietig treur oor waar môre se voedsel en sorg vandaan kom en wat gaan gebeur – was dit nie vir ‘n belangrike borg! al nege […]
Die gedruppel bly maar droom…
want…(?) die winterkoue druppel die mooiste pêreldou wat dan as diamantjies aan ragfyn weppies klou en…(?) die songloor-yskristalle, laat druppeltjies verdou; vorm mikro watervalle waar die elfies bruilof hou en dan…(?) word wintering se ondergroei langs ysig waterstroom waar die weglêgansies broei so gaandeweg slegs droom
My Hart Se Uitverkorene
My Hart Se Uitverkorene. Ek kyk af na jou rustige gesig in ‘n diepe slaap en ek wonder waarom het ek jou liefgekry bo almal want jy was nie die mooiste van almal, ook nie die sterkste en akademies die geleerdste van almal nie, maar algaande besef ek waarom ek jou liefgekry het bo almal, […]
ZELDA HOOFSTUK 1
HOOFSTUK 1 Ingedagte sit Zelda de la Rocha na die advertensie in die plaaslike koerant en kyk wat netjies opgevou in die kamer in die gastehuis op Vaalbos, waar sy vannag gaan oornag, gelê het: “Ervare inwonende dame benodig in African Art and Culture. Sy moet n administratiewe agtergrond asook n kennis van antieke meubels […]