In my wêreld
Here, dit voel asof ek nie kan sien wat U wil he nie Dit voel asof ek nie kan hoor wat U wil se nie Ek het weg geraak in my eie wêreld Here, niemand het eers na my kom soek nie! Dit was so stil, Here Ek was so alleen Het iemand ooit geweet […]
My brief
Here, Laat dit wat borrel Hier binne my In die mooiste Mooi woorde verander. Laat my hart Oop bars Op wit papier. Laat my emosies Die skryfstuk versier. Bring terug: Rymwoorde, Groot woorde, Vloekwoorde En woorde Van omgee. Laat my trane In ritme verander Soos dit drup-drup Oor die ink. Laat dan Jou liefde Die […]
‘n Skietgebed
Ek bid dat Jesus ‘n draai by jou kom maak en saggies met sy liefde aan jou hart kom raak Dat hy sommer op die stoel langs jou bed kom sit en jou drome waar maak soos jy hulle bid En as hy met sagte oë in joune in kyk hoop ek jy voel hoe […]
Ek wens vir jou ‘n lentevoël
As jy ooit drie-uur in die môre wakker lê (soos jou ma) onthou, my kind onthou dis net ‘n uur of twee voor die voëls weer sing net ‘n uur of drie voor die son haar eerste strale bring en jou nag in dag omtower. Ek hoop jy wéét . . . daar sal altyd […]
Irisse en sjokolade
“Dan moet ek eers my herinneringe gaan haal,” sê Maria toe Lizette oplaas klaar verduidelik het dat sy vir ’n YouTube-projek by die aftree-oord is en dat sy met iemand daar ’n onderhoud wil voer oor hulle herinneringe. “Wat het jou nou my laat kom kies?” vra Maria. “Ek wou 3D in die titel gehad […]
Wedloop na verlange
Hoeveel treë word gemeet in jou wedlope teen tyd voor jy onomwonde weet – uurglas se kegelsand word nimmer gestuit Hoeveel heuwels en rante van klim, klouter en kleef om jou doelpiek te bereik – loer tog na die datums jou spertyd het verstryk Hoeveel grawe in ‘n hawe waar spookskip anker lê skril- skreeu […]
DROME
DROME Jou droom is dood. Jou ideaal tot niet. Jy is verpletter en verslaan. Al wat ‘n deur is, het net toegegaan! Jy duisel teen ‘n muur. Daar’t niks meer oorgebly – geen poort wat na vervulling lei. Maak oop jou oë. Kyk om jou rond. Daar êrens in die duisternis is nog ‘n skrefie […]
Tyd
Tyd ( O tempora, O Mores = Cicero. Oh, the times, oh the customs!) O, die tyd, die tyd en vervalle sedes! Is jy vyand of vriend? Gesigloos ontasbaar takel jy straffeloos af— Abstrak stu jy voort sekonde vir sekonde eksak op metronoomslag— Wie is jy, wat is jy, hoe lyk jy? Nag word dag […]
Mevrou Daniels
bo die bed en langs die venster hang jou foto’s teen die muur van die ou’tehuis in Brackenfell se kamer drie nul vier * daar sit jy met jou blomrok aan mooi gehandskoen en gehoed op jou skoot lê daar ‘n bybel en ‘n ou gesangeboek die hout raam om ‘n trotse man ‘n regte […]