Met jou
Jou hart, ‘n boodskap in jou oë Jou blik strek na die hemelruim Maanskynbeloftes lig my hoog Met jou wil in die nag verdwyn Sluimerend sluip ons harte tot vuur in ons are druis Amoreuse stilte, ‘n kouevuur in maanlig. Nagtverskuil.
Sy voel…
Sy strompel deur haar trane Weet niemand hoe sy voel? Sy drink uit die verlede: Liefde, asem,overspoel. Sy struikel oor sy woorde. Weet hy nie wat hy vra? Sy wonder oor die toekoms; Kil, stil, vreemd en kaal. Sy storm in die donker. Bly die nag vir altyd koud? Sy sing haar eie melodie. Eensaam, […]
Kersfees
Kersfees Verjaarsdag, genadedag, dankbare vreugdedag om ons van sondeskuld sonder klag in gehoorsaamheid kom bevry en die ewige lewe te kry – – – Van oudsheraf die skisofreniese naasbestaan van geweld en die Ireniese van hosanna en kruisig Hom, maar Sy koms bring genade vir sonde en vrede in ons harte sonder rede of verdienste […]
Blinknat gisters
Ek mis die pad huistoe verlang-verlang na die eggo’s van ou herinneringe Die jaar is verby dit het goeie en slegte tye gebring die slegte word gou verlede lankal vergete Ek loop verby flenters van oud verberg in die stil geheim van gebeure en ek weet ons tye saam was goud Al die stukkies lekker […]
Arendsvlerke
winde van verandering lig swaeltjies op die winterwind na vreugdevolle sonskyndae en maatjies wat na liefde vra nou hang ek hier in grys en grou die koue om my toegevou my vlertjies is geknip o Heer lugstrome vloei verby my seer ek sien die swaeltjies sweef en speel my vreugde net ‘n tafereel my hoop […]
My Baby-Bekkie-Blom
My Baby-Bekkie-Blom Ek sien vanaand die maan groei aan die horison En die oseaan spoel heen en weer Soos jou liefde dring deur die stormweer My Baby-Bekkie-Blom Die winterwind waai warm deur my hart Ek voel jou nou naby, hier by my en jou verlangwoord wat die wind na my toe aanwaai (teen my vaswaai) […]
Saphira en die Skikgodinne
Die swart-en-bruin Feetjie Hond loop ongeduldig op en af in die gang voor die gekerfde dubbeldeure. Deure wat lei na ‘n biblioteek wat sy nie mag binnegaan nie. Vir die beste deel van twee dekades irriteer die feit dat net ‘n MacKeltar die biblioteek mag ingaan haar grensloos. Angus Campbell – Eolande MacKeltar se man […]
Hoop is ‘n lentevoël
As jy ooit drie-uur in die môre wakker lê (soos jou ma) onthou, my kind onthou dis net ‘n uur of twee voor die voëls weer sing net ‘n uur of drie voor die son haar eerste strale bring en jou nag in dag omtower. Ek hoop jy wéét . . . daar sal altyd […]
DIE MOORD OP REBECCA MORRISON HFSTK 5
HOOFSTUK 5 Dit is n winderige drie dae later toe Jan Viviers, plaasboer, sy grensdrade te perd patrolleer. Fyn waarnemer wat hy is word sy nuuskierigheid geprikkel oor n klomp aasvoëls wat in die lug bokant die verlate mynskag ronddraai. Uit ondervinding weet hy waar die aasvoëls so draai moet daar iets dood wees. Sy […]