Vertroue
ek, geknakte riet maar nog heel voortgespruit uit die swartste grond kyk op na die hemel wieg op die maat van die sagte wind wat deur blare speel dans saam met woeste orkaan trotseer die storms van die nag want ek weet ek sal nie breek ek is veilig God is in beheer van alles […]
Wonder oomblik
Lyk vir ‘n oomblik gelukkig verdwaal in ‘n oomblik van ontvoering en in ‘n wonder-oomblik skitter in die son Mmmmm dis mos nou romanties ‘n Stukkie van my hart en siel sommer net vir iemand, iemand so spesiaal moet nie een oomblik wonder van die oomblik waarin jy is Een oomblik sigbaar- dan nie meer […]
Immanuel
onskuldig ons skuld gedra maak die wat Hom wond gesond onder die sware kruis het Sy liggaam geknak maar die sondes van die wêreld vir Hom nie te swaar weier die wyn en mirre vir pyn maar vir ons gedrink die bitterste beker wat Sy Vader skink vra vergifnis vir die wat Hom skuldig bevind […]
Tyd wat deur die uurglas loop
hosannas in die strate gesing ‘n volk wat hul koning lof en eer bring lofsang van die hosanna-dag weerklink deur tyd word gehoor tot in ewigheid Sy volgelinge te moeg om saam te waak in die nag van bloedsweet lê hul en slaap ons slaap steeds rustig teen die tik van tyd tyd gemeet teen […]
Vergifnis
geknak deur eie dade maar nie gebreek staan ek naak op my knieë smeek ek om vergifnis… 7×77 keer op Golgota breek die ewige lig vir my deur ek verstaan weet verseker U liefde is vir my genoeg genoeg onverdiend te veel! in my somer in my winter is daar hoop – wat nie beskaam […]
Wedergeboorte
na ewigheid se eensaamheid papie vasgevang in ‘n donker kokon toegespin weg van die son nou na newel nagte is dit eindelik tyd goddelik gemetamorf is jy nou vry nou moet jy voortbeur jou uit die donker losskeur jou sielsvlerke in Sy naam sprei OPSTYG NA DIE LIG
Broos, hanteer saggies
Sy post prentjies op haar timeline purper, pers en pruimframboos – elke foto het ‘n blompot elke blompot het ‘n roos. Soms staar sy net deur ruite oor ‘n kuspad, na die see. Soms ruik sy net die soutwind en die witmis wat stil oor Valsbaaistrande vee – totdat lankal-koue koffie haar uit drome laat […]
Wenteltrap
te lank in die donker gewees alleen met my hartseer en vrees te lank in die donker gedwaal wag dat iemand my kom haal vasgevang deur die bang van ‘n donker gang wenteltrap stap vir stap wil nie meer, kan nie keer, al die pyn al die seer. hoop en wanhoop bly in my, twyfel […]
Oudword
buite alles groen. nuwe botsels, nuwe seisoen. binne leeg en dood. tyd tik genadeloos voort. kaleidoskoop van wit en swart. vensters dof van jare se stof. reënspatsels wat swaar neerplof. ‘n gees wat weer en weer probeer ‘n onwillige liggaam mee te sleur. want deur die oë van ‘n oumens is die lig te skerp […]
Gelapte drome
gelapte drome hartseer en lag lepellê in half-klaar some elke stukkie lap wat ‘n storie vertel van die dromer vasgevang in tyd se sel krom vingers wat nie meer drome kan vang hangkaste vol van vergete drome drome wat half-klaar hang die kind wat die trui moes dra te gou groot die dromer te gou […]