Ou offerkan
ingeduik, dof, vol stof… geroeste melkkan weggegooi e e n s… blinkskoon geskrop vol… witwarm melk wat voed soos ‘n moeder omring deur haar kroos kinderhandjies uitgestrek my met liefdespatroontjies gemerk met sagte hande geliefkoos my kinders kry alles en vra nog my kinders wat hul in my spieël ek, so gelukkig, so gesog in […]
Lewensreis
As die einde van die pad kom draai die swerwer om kyk terug na die sirkels en die draaie van sy lewe se kronkelpaaie die dronk wees van jonk wees sy spore van aan foeter deur die lewe se geploeter wegsink in moeras van verwyte oor wat was die nugter van die lewe se stank […]
Loutering
getoets deur U vuur gelouter deur U smeltkroes Here… wil ek goud wees nie net papier as wat wegwaai in die wind Here, in U naam maak my gesuiwerde metaal wat U toets kan deurstaan om te bly vertrou te loof en sing… al het ek als verloor laat my deur U loutering soos gesuiwerde […]
Agter geslote deure
Agter geslote deure van hul volmaakde bestaan dreun die harde woorde wat deur haar menswees slaan Haar selfbeeld is stukkend haar menswees, net ń hopie as haar oë net ń herinniring van die sonskyn wie sy was Hy slaan nie met die vuis nie maar moker met die tong sy woning níé haar huis nie […]
Vrydag
Tien vingers aan Sy hande een vir elk gebod ‘n doringkroon ‘n lendelap. Is dít die Seun van God? ‘n Houtkruis teen ‘n heuwel vyf tone aan elk voet. Bitterwyn en spykers donkerson en bloed. © Carma Shaw 14 April 2017
’n Ander droom
dit was ’n swart dag ’n lang donker nag wie jy was is jy nie meer al my drome vir jou het gesterf het bly hang in ’n hospitaal gang ek moes ’n ander droom vir jou droom want jy kan jy nie meer kan hardloop soos eers nie meer leer nou staan jy buite […]
Geknakte vlerke
Vasgevang in vrees versplintering van illusies van wat kon wees in die smeltkroes van vuur wroegend worstelend in jou laaste uur brandend ten hemele skree met die asem van God polsend deur elke vesel van jou wese het jy heel geword soos ‘n feniks uit die as herrese met nuutgevonde vlerke bo die storms uitstyg […]
Drome
jou gebroke oë kyk na bo geknakte kind vasgevang sal jy ooit weer kan glo vir jou wil ek ‘n karos van die sagste sydraad brei waaronder ek jou kan toedek en beskerm keer dat nuuskierige oë jou in repies sny jy my kind… wat grootoog wonders in alles kon vind vir jou wil ek […]
Net vlugtig . . .
vroegaand was ‘n foto – ‘n volmaan in die avonduur ‘n lofsang aan die sonsak ‘n gloeiend ode aan die vuur die nag was wasem kortstondig, soos ‘n asemteug die nag was soetwyn en skemerlig die nag was woorde – in rym en vloei bedig soms dans onthou se beelde nog ‘n passie, vol verleiding […]
Jou wese
jy baadjie my met jou kalmte daar waar soveel onnodige vrese sekel aan die koepelruim met jou warm kyk strooi jy bosse geel magrietjies vol in blom en jou asem, jou asem laat my stom op gure reëndae knars jou hitte vir my die soutsee in die geurigste, lieflikste patee soos die anker van my […]