Net dit.
My pen se swart ink is feitlik klaar. Maar my gedagtes oor jou nog nie klaar. Cillie, hoop jy weet hoe ek oor jou voel. Werklik, kan nie presies beskryf hoe ek oor jou voel. Een ding is seker, my gedagtes sonder jou, n barre woestyn.
Nuttelose emosie.
Skuldgevoel vang vas, ‘n eie ek van ‘n diverse gemeenskap, van ras, geloof, klas in ‘n eiesoortige eienaarskap. Skuldgevoel, ontbloot ‘n niksseggende betrokkendheid van jou siel, menswees, in ‘n soort geestelike erosie. Vir my is skuldgevoel, die mees nuttelose, menslike emosie.
Ouderdom apartheid.
Stede bring wanhoop vir alle kulture. Stede skep diverse verdeelde gemeenskappe, van taal,ras sowel as lewenskwaliteite onder kulture. Elke voorstad,woonbuurt het sy eie entiteite. Jeug,volwassenheid,skep n eiesoortige ouderdoms apartheid.
NOODLOTSVLUG OOR DIE AMASONE HFSTK 9
HOOFSTUK 9 Met al haar voorbereidings in plek breek die aand aan wat Nandi besluit om met Andries pad te gee. Sy wag net tot almal aan die slaap is toe sy Andries gaan wakker maak. Andries is binne oomblikke gereed en sluip hulle die stat ongemerk uit. Nandi ken die pad na die plek […]
ALLETTA BOONZAAIER HFSTK 8
HOOFSTUK 8 Vir twee maande gaan die lewe maar sy gewone gang. Bedags op kantoor en naweke kuier ek, ma Aletta, en Cindy maar so oor en weer by mekaar. In hierdie twee maande groei die band tussen ek en Cindy al stewiger maar van n vryery is daar geen sprake nie, dit bly maar […]
Net bang wees.
Moet ek net bang wees vir more die heeldag. Of moet ek net bang wees vir diep snydende seerkry . Moet ek dalk bang wees vir koue pragmatisme. Dalk,bang wees vir myself,my swaarkry. Of,te bang wees vir tweesnydende nepotisme.
Wenners: Julie Oop en nuwe projek
WENNERS: Baie geluk aan die volgende lede GEDIGTE: 1 ste plek: Viooltjie met Waar die gompou vlieg 2 de plek: Viooltjie met Limpopo onbegrens 3 de plek: Anzé Bezuidenhout met In die begin EERVOLLE VERMELDINGS: Epimetheus met Masochisme is ‘n wintergewas Francois Meyer met Ontploffing van Vryheid Anzé Bezuidenhout met My bastion Viooltjie met Die […]
Waarom stilbly.
Die ewige wagwoord is stilbly,en voorkom die seerkry. So baie kere hoor jy; sien jy net ander se hartseer en verslae afgestomptheid. Te maklik vergeet jy jou eie innerlike pyn,alleenheid. Word tog wakker,hoor,sien,die mooiheid Luister na die wekker binne jou bors wat skree. Voel,basuin,vergeet nou die planloosheid. Ek kan waaragtig nie nie meer stilbky,my menswees […]
Oggendstond
die son breek soos ‘n rooi papawer oor die kim terwyl die wind met sy rietjiesasem oor boomtoppe fluit en onder die Wildesering buig die roosknop eerbiedig soos ‘n bruid onder die kir-sang van die tortelduif © Anzé Bezuidenhout
Seisoenspore
die maanblom se geur rank vanaand ‘n sirkel om die sekelmaan terwyl my woorde bruê bou tussen gister en nou die geroep van die kolganskuikens breek die son en weef ‘n altaar met brokkies goue lig so draai die seisoene altyd op hul spore terug © Anzé Bezuidenhout