Versugting
Maak my hart soos malvapoeding, weer so sag en net so soet. Maak my sterk soos donker koffie, oorloopvol van vrouemoed. Maak my kleurig, maak my fleurig – geurig soos die blomme van die veld. Vul my weer met omgeeliefde – genoeg om selfs ‘n klip te smelt. © Carma Shaw 17 September 2017
Moeder-blom
My Moeder-blom spruit uit teen die sneeu-kussings; haar chemo-kreet vreet aan my en versprei swaar in die lug. Chemiese middels ontkiem in haar are om dié lewensjare effens te laat groei. Haar geur hang steeds in ons kinderjare, maar my hoop val soos herfsblare – en ek weet dat haar bloeisels sal nie vir altyd […]
DIE VYF MILJOEN RAND MOORD HFSTK 10
HOOFSTUK 10 Chantal sit haar benarde posisie lank en oordink en dan besluit sy om n verklaring af te lê. Sy moet Kas oortuig dat sy niks met die moord op Laurika te doen het nie en dat dit Stefan Botes is. Sy moet dan net deur die dag n week of wat verdwyn dat […]
More
Dis dalk more my laaste dag op aard Dalk dielaaste keer dat ek my sal geniet Miskien word ek more ontnugter uit n mooi toekomsdroom waarop ek so lank op Gebou het . More gaan daar dalk iets by die werk gebeur. More mag my liefde in siel en hart dalk se Sy het my […]
Spore van reën
my kleurespel bars in dubbelspore oop deur die groen loof knars hitte van die son wat tortel deur die lug baldadig span ek seile geheilig soos nardus in windadem in my bloeiselrok se nate bou sysies hul nes en met ‘n bakhand klei tempel die swael ‘n rusplek gevul met genade en my voete; my […]
Die vryheid van liefde
Teleurstelling is ‘n onvolledige opgawe van die prentjie wat voor my siels-oog afspeel hier waar ek die skerp punt van jou tong nou uit my vernielde rugwerwels geduldig sit en uitbytel. Jou lensiesop het ek soos ‘n wesie vir soetkoek krummels opgeëet alhoewel ek en jy mekaar vreugdevol in ons ydel vryheid verkrag het deur […]
Droomvanger
Wanneer ek en jy wen, en (nie die lotto nie) bars die lewe se ink oor ‘n vedwaalde siel om woorde te pomp deur ‘n stukkende hart. Enige app op ‘n foon doen gewoonlik die ding hgd hier of vletter maan toe daar. Maar soms eggo die vreugdesgesange oor verlore donkertes soos bliksemstrale deur die […]
Die mak houtkappertjie
Sy wou die dag voor dou net vir hom in jasmyn toevou maar hy: houtkappertjie het aan haar siel gekerf. Klopetie-klop deur haar dik bas deur die kern van haar grys oorjas sy fluit was so bittersoet mooi sy kuifie kaleidoskopies getooi Vroulief het geduldig gewag tot sy gaatjie huislik kon lag sy trek toe […]
Droomhuisie
In my gedagtes wêreld hierdie huisie vasgemessel volbring in vrede eendag ‘n droom uit te lewer beslis Nou is jy op ‘n bord vir my geverf diep hier binne my hart leef ek in jou elke dag gegrond in glo dat jy bestaan Tussen veld en blom elke oggenduur met voëlgeluid tasbaar soos klokkies om […]